LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Biki Alleen Gasteplaas | LekkeSlaap
+21

Biki Alleen Gasteplaas

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 56 resensies vir Biki Alleen Gasteplaas
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5
Stefan G - Jun 2022
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Stefan G
Gesin met klein kinders

Heel rustig, maar nie so alleen nie.

Plaas was rustig, maar geleë langs klomp skape. Ons kon heel naweek 'n nabygeleë huis sowel as plaaswerkers se gekuier en musiek hoor. Als was netjies, maar geriewe was nie gelyk aan verwagting vir die prys wat ons betaal het nie. Buiten die area rondom die huis is daar ook nie vreeslik meer natuur om te gaan verken nie.

Lizle D - Apr 2022
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Lizle D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was baie rustig en veilig vir 'n naweek wegbreek.

Al klagte wat ons wel het is daar was nie genoeg hout nie. Was 'n reënerige en koue naweek en kon nie hout genoeg hout voorsien vir kaggel nie. Die jacuzzi was baie vuil. Water was glad nie skoon nie en vol sand. Verder was daar alles wat jy nodig het. Skoon en netjies!

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Lizle ek is baie bly julle het rustig gekuier. Ek bring dit net onder jou aandag dat die gasteplaas nie hout voorsien nie. Slegs een sak vir die jacuzzy. Indien jul hout in oormaat wil gebruik koop gaste hout elders. Die jacuzzy word voor elke nuwe gas gevul met silwerskoon boorgat water. As gaste nie hul voete afvee voor hul inklim of hom nie met die pas gemaakte seil toemaak in die aand nie dan sal daar goggas dryf in die môre. Ek verstaan egter nie jou punte telling van 3.8 uit 5 vir netheidas jy in jou kommentaar sê die plek was skoon en netjies.

Biki Alleen Gasteplaas
Kevin B - Feb 2022
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kevin B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was rustig verby. Dit was so lekker gewees om net kan ontspan en niemand pla jou nie.

Dit is regtig 'n baie lekker plek. Ek sal dit beslis aanbeveel en ek self sal weer graag wil gaan. Baie dankie aan Rodna, sy was wonderlik gewees en baie vriendelik. Dankie vir die naweek, dit was baie lekker gewees.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Ek is so bly julle het ons plekkie geniet. Sien gou weer

Biki Alleen Gasteplaas
Chris-mare V - Des 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Chris-mare V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustige atmosfeer.

Mooi area, geen pooltafel een wildsbokkie gesien in swak kondisie, baie skape, swembad baie mooi maar kyk op werkers se verblyf.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Chris-Mari. Baie bly jul is beindruk met die area. Verstaan nie mooi hoe jul ʼn pooltafel verwag as daar nie een geadverteer word nie.
Die bokkies is baie sensitief vir geraas en is dikwels die rede as hul nie nader kom nie.

Biki Alleen Gasteplaas
Renier C - Des 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Renier C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Kuier by vriende op die plaas.

Skakel af van die dolle gejaag saam met vriende op die plaas.

Natasha P - Nov 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Natasha P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustige naweekwegbreek.

Dit is die perfekte plek vir 'n wegbreek van die stad se gewoel, jy kan nie anders as om te herlaai en ontspan met die rustigheid van die plaas nie. Edgar en die ander personeel was baie vriendelik en behulpsaam. Ons sal verseker weer 'n tydjie weg by Biki Alleen bespreek!

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Natasha ek is baie bly jul het dit geniet. Ons hoop om jul gou weer te sien.

Biki Alleen Gasteplaas
Marijke K - Nov 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marijke K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker rustige wegbreek.

Was my man se verjaarsdag en het by Biki Alleen Gasteplaas gaan rus. Groot jammerte dat ons net nie van die Jacuzzi gebruik kon maak nie. Dit was so rustig gewees. Sal vir seker weer gaan.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Beste Marijke,
Baie dankie ek is so bly julle het dit geniet. Ek sal opvolg oor die Jacuzzi.

Biki Alleen Gasteplaas
Olga G - Sep 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Olga G

Pragtig, rustig.

Lente met donderstorm was wonderlik.

Jolene R - Aug 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Jolene R
Gesin met klein kinders

Baie lekker en rustige wegbreeknaweek.

Baie mooi plekkie. Rustige atmosfeer en goed ingerig vir familie en vriende om saam te kuier. Alles was baie netjies en opsigter baie behulpsaam. Sal dit vir enige iemand aanbeveel.

Carike P - Aug 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carike P
Gesin met klein kinders

Heerlike wegbreek.

Die perfekte plek om weg te kom uit die stad uit. Die kinders geniet dit vreeslik, hulle kan rondhardloop en speel en ons kan rustig om die boma sit en kuier of selfs in die Jacuzzi ontspan, en weet kinders is veilig. Die huis is lekker groot en netjies, mens kan sien hulle doen baie moeite om seker te maak hulle gaste bly lekker. Dit was ons derde keer by Biki Alleen en ons sal vir seker gou weer gaan, dit is definitief 'n gunsteling by ons. Baie dankie dat ons weer 'n heerlike naweek daar kon spandeer.

Marelize C - Jul 2021
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marelize C
Saam met vriende

Lekker rustig.

Mooi en netjies, lekker geriewe. Pooltafel was ongelukkig geskeur en kon nie gebruik word nie.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Ons is jammer oor die pool tafel. Ons gee dadelik aandag daaraan.

Biki Alleen Gasteplaas
Shaleen O - Jun 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Shaleen O
Saam met vriende

Clean and spacious. Beautiful peaceful garden. Helpful staff and secure setting.

Enjoyed the nightly bonfire braais and inside fires to warm the house. Winter sheets would have been nice. Luckily we took hot water bottles with to warm the beds but Duvets were sufficient to keep us warm. Firewood in abundance and was lovely to sit in the sun and enjoy the warmth, watch the visiting buck and mongoose and friendly Patches dog. At night we got to see two different species of nagapies in the trees in the garden.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Thank you for your commend. We appreciate it very much.

Biki Alleen Gasteplaas
Fleur S - Jun 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Fleur S
Saam met eggenoot / lewensmaat

A private and tranquil farmstyle experience.

A wonderful place to stay. Edgar and staff were all welcoming and kind. We enjoyed the fireplace both inside and out. Pity that the pool table is unusable. It was lovely waking up to the roosters and sheep letting us know it was a new day. Unfortunately, no game seen.

Arlett D - Mei 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Arlett D
Saam met vriende

Saligheid.

Ons was 'n groep van 6 en het heerlik ontspan rondom die boma en in die netjiese tuin, net die ding om bietjie op te vang saam met familie wat mens nie baie sien nie. Lekker in die aand wyn gedrink rondom die kaggel terwyl sommige van ons pool speel. Die diere wat kom kuier rondom die huis was 'n lekker bonus! Al wat kort is soveel plek om te sit soos wat die huis kan slaap, daar is nie genoeg sitplek om in die huis te kan eet wanneer dit kouer is buite. Verder het ons dit baie geniet, vriendelik ontvang en vriendelike diens! Baie dankie dat ons die stukkie stil van julle kon deel.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Hallo Arlette
Ek is bly om te hoor julle het lekker gekuier. Ek sal kyk wat ek kan doen om meer sit plek te verskaf.
Baie groete
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Ronelle L - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Ronelle L
Gesin met tieners

Indien jy wil asem skep en wil rus, is dit die plek vir jou.

Dit was so lekker om op die stoep te sit en lees, of om die braaiput te sit en gesels en net te ontspan. Dit is so mooi daar, met die welige grasperk, die swembad, die Jacuzzi. Ons batterye is sommer weer herlaai.

Karien D - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Karien D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustigheid in die bos.

Ons het die lekkerste rus naweek gehad in die bos by Bietjie Alleen Gasteplaas. Gelukkig is die ligte op 'n invertor gekoppel vir wanneer die krag afgaan en kon ons steeds klaar braai en in lig eet die Vrydagaand, verder het die krag wat soms afgegaan het nie gepla nie. Die jacuzzi en selfs die koue splashpool was benut en het ons baie geniet. My ouers en ook vir die Saterdag kom kuier en saam gebraai en het gesê die plek is baie netjies en vreeslik rustig! Dit was baie lekker en ons sal vir seker weer teruggaan en gaan rus.

Harry J - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Harry J
Gesin met tieners

Baie, baie rustig.

Die wegbreek was wel-verdien en die plaas se stilte was net wat ons gesoek het, baie stil , rustig en veilig. Net jammer oor die snoekertafel en darts wat beskadig is

Jerrie L - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Jerrie L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Very quiet and relaxing.

The house is very clean. I would remove the pool table and put a dinner table there for the rainy days.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Hallo Jerry.
Baie dankie vir jou voorstel van die tafel. Ek gaan definitief daaraan aandag gee. Groete
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Erika B - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Erika B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker privaat, rustig en natuurryk, lekker wegbreek uit die stad se gejaag!

Mooi skoon en netjies, bietjie opknapping nodig hier en daar - maar deel van die plaashuis-gevoel. Pooltafel ongelukkig baie verniel. Het alles wat jy nodig het, sal weer besoek!

Gavin G - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gavin G
Saam met vriende

Memories has been made!

Van die aankoms tot vertrek was alles lekker, staff was vriendelik, gehelp waar hulle kan en het nie twyfel gehad om te help nie. Die atmosfeer daarso is lekker, dis rustig, dis mooi en ons het baie lekker ontspan. Bokkies, skape en volstruise het kom hallo sê. Die swembad en Jacuzzi was baie lekker. Sal definitief dit 'n jaarlikse ding maak om daar uit te kom.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Hallo Gavin, ek is so bly julle het dit soveel geniet. Sien julle weer.

Biki Alleen Gasteplaas
Ina V - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ina V
Saam met vriende

Sielsverrykend! ’n Kosbare juweel van ’n plek.

As jy moeg word vir die lewe in die stad is Biki Alleen die perfekte plek om na weg te breek. Ons konstante uitlating deur die loop van die naweek was: "Dis is nou salig." Hier kan ons bly vir altyd. Ons kan nie wag om weer na Biki Alleen te gaan nie. Ons was saam met vriende daar maar dit sal vir seker ook ’n lekker gesins-langnaweek wegbreekplekkie kan wees. Vriendelik diens en hulpvaardigheid van Edgar en Rodna is die kersie op die koek. Baie dankie vir ’n heerlike ontspanne naweek.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Ek is so bly ons kon 'n stukkie van ons paradysie met julle deel. Groete Tokkie .

Biki Alleen Gasteplaas
Louw R - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Louw R
Saam met vriende

Lekker alleen gewees en ontspan.

Die verblyf is pragtig en die atmosfeer rustig.

Wilma R - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Wilma R
Gesin met tieners

Rustige gesinstyd.

Pragtige plekkie, pragtige tuin (mooiste groen grasperk sonder 'n doring!), stil en rustig! Baie dankie vir 2 aande se heerlike verblyf, indien moontlik sou ons beslis langer wou bly. Ons het heerlik bordspeletjies gespeel, om die vuur gesit en vir die bokke gekyk. Alles is presies soos op foto's en mooier. Dis net hartseer om te sien hoe vorige gaste die pool-tafel en darts verniel het. Edgar en sy vrou was ook vriendelik en baie behulpsaam. Sal beslis weer daar gaan oorslaap.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Beste Wilma
Ons is vreeslik bly julle het dit so geniet. Hoop om julle gou weer te sien.
Groete Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Hein S - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hein S
Gesin met tieners

Baie lekker en pragtige plek om van alles weg te breek.

Ons het lekker en gemaklik gevoel op die plaas en die huis was netjies en alles wat nodig was. Tieners het lekker pool gespeel en geswem. Die braai area is mooi uitgelê, en werk baie lekker.

David W - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
David W
Gesin met tieners

Awesome place to rest and recharge.

Place to go to if you need to recharge your batteries. People very friendly and helpful.

Carike P - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Carike P
Gesin met klein kinders

Rustige wegbreek saam kinders.

Ons het ons tydjie by Biki Alleen vreeslik baie geniet. Dis presies wat ons nodig gehad het om te ontspan en uit die stad uit te kom. Die kinders het heerlik rond gehardloop op die gras en na al die diere gekyk. Die Jacuzzi was ook perfek aangesien die swembad se water nog bietjie koud was, en kinders graag wou swem. Hulle het die Jacuzzi baie geniet. Die aande om die boma was rustig, sonder enige geraas. Ons sien uit na ons volgende wegbreek by hulle.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Hallo Carike.
Ek is so bly julle het ons paradys geniet. Sien julle graag weer.
Groete
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Andre B - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre B
Gesin met klein kinders

Absoluut fantastiese, rustige tyd.

Ons is baie vriendelik ontvang deur die eienaars en die personeel op die perseel. Die verblyf is presies wat hulle sê: Biki alleen. Ons het ten volle privaatheid gehad en kon as familie rustig kuier in 'n boomryke area met geriewe soos splashpool en Jacuzzi. Kon wild besigtig wat besoek aflê by die braai-area.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Beste Andre,
Dit maak my hart so bly dat julle ons plekkie so geniet het. Hoop ons sien julle gou weer
Groete,
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Bianca V - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bianca V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig, veilig, netjies, skoon, alles wat jy nodig het.

Ons het 'n wonderlike tyd gehad. Aande om die vuur was heerlik, die groen gras en bome skep 'n rustige gevoel. Dit was heerlik om in die Jacuzzi te sit. Daar is alles en meer wat jy nodig het. Dit was heerlik privaat en veilig. Huis is ruim, stoep is gesellig. Baie goeie waarde vir jou geld. Goeie kommunikasie vanaf die eienaar. Sal vir seker hierdie blyplek aanbeveel.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Hallo Bianca. Baie dankie en ek is werklik bly julle het dit geniet. Groete Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Cornel V - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cornel V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie rustig met 'n mooi boomryke tuin en baie lekker braaigeriewe.

Dankie aan Jan en Tokkie se hulpvaardigheid en vriendelikheid wat ons bygestaan het tydens beurtkrag. Baie rustige en afgesonderde plek. Dankie ook aan Edgar en Rodna vir die skoonmaakdienste.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Hallo Cornel
Dit was ons voorreg om julle hier te hê. Baie dankie vir julle geduld tydens die beurt krag. En ons is bly ons kon ons stukkie paradys met julle deel.
Groete
Tokkie.

Biki Alleen Gasteplaas
Ilouise D - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ilouise D
Gesin met tieners

Rustige wegbreek van stads lawaai.

Lekker gekuier daar was net heelwat krag onderbrekings wat nie te wyte was aan die eienaar.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Baie dankie Ilouise, ja, ons het ons hande in ons hare oor die elektrisiteit. Hoop ons sien julle gou weer ten spyte van die krag.
Groete
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Schalk J - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Schalk J
Gesin met klein kinders

Ideaal vir 'n bietjie wegkom van alles en almal.

Ek en my vrou wou 'n bietjie met die kleingoed wegbreek en net alleen-tyd hê weg van alles en almal. Ook om ons huweliksherdenking te vier. Biki Alleen was 'n perfekte keuse! As jy in ag neem dat jy basies 'n 4-slaapkamerplaashuis en wildsplaas vir jou eie eksklusiewe gebruik kry vir 'n hele naweek en daarmee saam 'n helpende hand in Edgar wat seker maak die Jacuzzi en swembad-pomp loop en Rodna wat in die oggend inkom om te kom skottelgoed was, dan is dit baie goeie waarde vir geld. Ons kleingoed is 3 en 5 en gelukkig baie lief vir die natuur. Ek was bang hulle gaan verveeld raak, maar hulle het ure deurgebring deur om die vuurput te dans, op die lowergroen grasperk mekaar te jaag en natuurlik te swem. Die swembad is net 'n plonspoel, maar die water is heerlik verfrissend en net wat nodig was op die warm dae. Die pool-tafel in die huis asook hope bordspeletjies het ook gesorg dat ons die tyd heerlik kon verwyl en lekker gesinstyd en pret kon hê soos wat lanklaas moontlik was. Die kinders het nie eers een keer genoem dat hulle wil TV kyk of iets dergliks nie. Veiligheid bleik goed te wees, maar ek moet bieg. Mens is so afgesonder en alleen dat wanneer ons snags buite by die vuur gesit het omring deur algehele donkerte mens maar bietjie wonder of daar nie ongewenste oë is wat jou dophou nie. Maar ek is seker dis net spoke wat mens in jou gedagtes opjaag a.g.v. die tye waarin ons leef en die verskriklike nuus wat mens altyd hoor. Selfoonsein is maar aan en af so as jy lei aan FOMO gaan dit jou uitstres, maar ons het gevind dit dra by tot die plek se sjarme (mens wil tog wegkom van dit, dan nie?). Ons het voluit vooraf betaal. Om die sleutels te kry en weer af te gee was geen probleem nie en daar was geen onaangename verrassings oor ekstra gelde, depositos en dies meer nie. Ons het ongelukkig 'n glas gebreek en toe ek dit vir Tokkie aanmeld en aanbied om te betaal wou sy niks weet nie en net gesê ongelukke gebeur, veral met kleintjies saam. Ek beveel definitief Biki Alleen aan vir iemand wat bietjie wil wegkom van die stad se gewoel en net rus vir hul siele wil vind weg van enige skares. Mense met bietjie ouer kinders wat gou verveeld sal word as daar nie waterglybane en putt-putt bane en WiFi is nie moet maar eerder elders bly dink ek, tensy hul kinders die kuns aangeleer het om hulself besig te hou. Ons het regtig die naweek baie geniet en dankie aan Tokkie en haar span wat dit so spesiaal gemaak het.

Maria D - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maria D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Amazing wegbreek.

Was 'n awesome wegbreek en 'n awesome plek om te besoek. Netjies, groot en alles wat mens benodig. Tokkie en Jan het ons baie welkom laat voel. Baie mooi meubels in plekkie. Sal weer kom!

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Goeie dag Magriet,

Julle is wonderlike gaste. Sal julle graag weer wil sien

Biki Alleen Gasteplaas
Reinet F - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Reinet F
Gesin met tieners

'n Nostalgiese terugblik op ons kinderdae op die plaas.

Die kinders het die bordspeletjies baie geniet. Lekker kuier tot laat om die vuur. Yskas 'n bietjie klein vir al die kosse wat koud gehou moet word. Ons kon glad nie die sappe of koeldranke inpas nie. Die kinders was gaande oor die duikers wat die tuin besoek het laataand. Rus vir jou siel plek.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Baie dankie vir jou terugvoer Reinet. Ons Sal plan maak met die yskas. Hoop ons sien julle gou weer

Biki Alleen Gasteplaas
Tersia V - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tersia V

Absolute belewenis.

Pragtige weggesteekte plekkie vir absolute ontspanning en sielerus. Baie oulike gasvrou met vriendelike ontvangs. Edgar op die plaas is baie hulpvaardig, asook sy vrou wat gesorg het dat alles skoon en netjies bly, veral as jy 'n groepie gholfers moet akkommodeer. Pragtige en gemaklike woning met alles wat mens nodig het. Buite 'n sprokieswêreld met interessanthede soos min. Bokkies, volstruise, eekhorinkies 'n bonus daarby. Definitief vir enige iemand 'n móét kuierplek. Pragtige tuin met heerlike borrelbad en plonspoel.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Hallo Tersia.

Baie dankie vir jou mooi resensie. Ek is so bly ons kon ons klein paradysie met julle deel.
Groete
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Karin K - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karin K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Recreation in nature.

Very nice house and garden with lots of space and atmosphere. Perfect place to relax with view of ostrich and zebra. The house is well equipped, big kitchen, comfortable bedrooms. Nice lightened garden to sit in the evening and enjoy quiet and nature. Thank you a lot, we hope to come back.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Dear Karin,

Thank you for your wonderful words. I am glad you enjoyed the tranquility of our Bushveld. Hope we see you again soon.

Regards,
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
René M - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
René M
Gesin met klein kinders

Baie rustig en ontspanne.

Sal vir seker weer bepreek!

Thinus C - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Thinus C
Gesin met klein kinders

Rustige bosveldoase.

Ons het my vrou se 40ste verjaarsdag by Biki Alleen gevier en kan nie aan 'n beter plek dink vir die geleentheid nie. Die huis is pragtig, met keurige dekor en perfek toegerus. Die sebras en volstruise by die draad en apies wat in die tuin kom besoek aflê het, het bygedra tot die bosveldgevoel. Die braaiplek en stoele is gerieflik. Die swembad en Jacuzzi was pragtig skoon. Dit was heerlik om in die aand in die Jacuzzi te sit en die pragtige liggies in die bome te bewonder. Ons tweejarige seuntjie kon heerlik speel op die groen grasperk en ons kan saamgaan as die njalas gevoer word. Die huis is ook baie gerieflik en het als wat mens se hart begeer. Sal vir seker weer gaan en dit aanbeveel vir almal wat hou van 'n rustige wegbreek waar mens geen ander mense sien nie en net die natuur kan bewonder sonder om luukshede prys te gee.

Daleen K - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Daleen K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Was ongelooflik lekker.

Baie dankie Tokkie en span dat julle die naweek so lekker vir ons gemaak het. Was baie lekker om so om 'n vuurtjie in die natuur te sit en na al die geluide te luister. Geen gejaag na wind van die stad se besige lewe nie.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Beste Daleen,

Ek is so dankbaar dat ons ʼn stukkie van ons Bosveld paradys met julle kon deel.
Maak weer so.

Groete,
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Andries S - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andries S
Gesin met klein kinders

Baie stil en rustig.

Baie stil en rustige verblyf en goeie waarde vir geld.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Baie dankie Andries. Ek is jammer ons het nie ontmoet nie. Ek was opgeneem in die hospitaal en dit het my planne bietjie deurmekaar gekrap. Hoop ons sien mekaar binnekort

Biki Alleen Gasteplaas
Ansie W - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Ansie W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Was baie rustig en baie lekker.

Was net wat ek nodig gehad het na 'n lang besige en emosionele jaar. Sal weer gaan as ek kan.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Beste Ansie,

Ek is baie bly dat julle die stilte geniet het. Ek dink dit was 'ʼn groot verandering tenoor dit waaraan julle daar in die stad gewoond is.

Hoop ons sien mekaar gou weer.

Groete,
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Zelda K - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Zelda K
Gesin met klein kinders

Beste ooit!

Ek en my gesin het dit vreeslik geniet omdat dit so stil en rustig is en die plekkie is pragtig met alles wat jy nodig het. Ek sal dit beslis aanbeveel.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Beste Zelda,

Dankie dat julle ons klein paradys so aanprys. Dit beteken vir my ongelooflik baie. Hoop ons sien mekaar gou weer.

Groete,
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Jeanetteo P - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jeanetteo P
Gesin met klein kinders

Dit is so mooi en rustig.

Ons sal beslis terug wees.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Dankie Jeanette. Dit was baie lekker om julle gesin by Biki Alleen te kon ontvang. Ek hoor die twee seuns het dit baie geniet. Julle sal altyd welkom wees. Groete Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Angelique E - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Angelique E
Gesin met tieners

Dit was eenvoudig lekker. Net so pragtig as in die fotos. Baie lekker gebly.

Net jammer ons kon nie langer bly nie. Verblyf was so rustig en superprivaat en baie baie mooi. Alles en meer wat mens nodig gehad het om lekker te slaap, vleisie te braai in pragtige omgewing. Plek is met soveel liefde uiteengesit. In die tuin is alles so netjies en pragtig en die bomavuur. Dan om alles af te rond is daar die heeltyd wild wat rondloop. So lekker gerus.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Hi Angelique. Ek is so bly julle het lekker hier op Biki Alleen gerus. Nou is jul deel van die Biki Alleen familie en enige tyd weer welkom. Ons sal jul graag weer wil bederf. Groete Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Janda A - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Janda A

'n Baie gelukkig tyd saam met familie.

Ideale wegbreekplek vir bietjie stilte en vrede.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Baie dankie Janda,
Ek hoop ouma het lekker verjaar saam met al haar kinders en kleinkinders.
Ek hoop ek sien jou ouers gou weer, ons het sommer dadelik met mekaar aanklank gevind.
Groete,
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Elize B - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Elize B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig en beeldskoon.

Ons het 2 aande by Biki Alleen geslaap en dit was nogsteeds hopeloos te kort. Die plekkie is groot, baie netjies, met 'n heerlike Jacuzzi en swembad. Tokkie was heeltyd in kontak voor ons besoek en het ons tot by die plekkie gevat. Edgar wie op die plaas bly het na ons omgesien - hy het kaggel gemaak, elke oggend was alles netjies en reg weer buite - hy was uitstekend. Biki Alleen sien ons beslis weer!

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Baie dankie Elize. Julle was wonderlike gaste en ek is so bly dat julle ook die rustigheid kon geniet.
Groete
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Nastassia V - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nastassia V
Gesin met klein kinders

Waar mens net Biki Alleen kan wees en die rustigheid geniet.

Ons het die verblyf by Biki Alleen vreeslik baie geniet. Dit is so rustig daar, die ideale plek net om af te skakel en net weer bietjie met mekaar en jouself te kan opvang. Sal dit aan enige iemand wat net rustigheid soek aanbeveel. Die huisie het alles gehad wat nodig was. Personeel staan tot reg om vir jou vuur te maak en verkoop vuurhout wat pakplek spaar. Elke oggend is braaier skoon en weer reg vir nuwe vuurtjie. Sal vir seker weer gaan vir langer. Die naweek was net té kort.

Johan G - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan G

Baie aangenaam as regtig wil rus saam met familie en vriende.

Sien sterre.

Francois R - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Francois R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Asemrowend! Beplan alreeds my volgende trip!

Die stilte in die bos saam die natuur se geluide van die diere, is net die beste terapie. Die huis binne is 100% reg vir 'n wegbreek. Dis nie vir mense wat wil "party" nie, dis vir mense wat God se hande werk wil aanskou en die omgewing wat in Suid-Afrika lê wil bewaar. Dis die beste rusplek waar ek al was!

Charissa K - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Charissa K
Gesin met klein kinders

'n Lafenis vir die siel.

Tokkie het ons met 'n groot glimlag by die plaashek ontvang en Edgar het gehelp om ons bagasie af te laai. Die huis is ruim en baie netjies. Die mooi tuin met groen gras onder die skadubome was net wat ons nodig gehad het na 'n dol week. Ons dogtertjie het later gesê dat die hoogtepunt van die naweek was om heeldag buite te wees.

Liza-mari O - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Liza-mari O
Saam met vriende

Baie stil en ontspannend.

Biki Alleen was heerlik stil en rustig. Die personeel op die klein plasie was ook baie hulpvaardig.

Jandré F - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Jandré F

Vreeslik rustig en lekker. Mens voel sommer tuis.

Beautiful setting and a stunning house. I would most definitely stay there again and encourage other people to make use of the guest house.

Annise P - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annise P

Rustig en gerieflik.

Op die dorp deur vriendelike gasvrou ontvang. Alles wat ons nodig gehad het was daar. Nico het self Saterdag vir ons die diere en wandelpad uitgewys. Ons het nie eens ons TV gemis nie.

Christo J - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christo J
Gesin met tieners

Rustig, skoon, weg van die geraas en lekker om net af te skakel.

As jy wil afskakel en net rustig raak is Biki Alleen die plek om te besoek. Dit is redelik afgeleë en word baie goed versorg en netjies gehou. Dit is ook naby genoeg aan dorpe as jy moet gaan inkopies doen. Gaan gerus en word weer "Biki Alleen".

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Beste Christo.

Baie dankie vir jou mooi woorde. Ek is baie bly julle het dit geniet.

Groete
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Des M - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Des M
Gesin met tieners

Baie lekker wegbreekplek.

Ek wil baie graag dankie se vir die ongelooflike naweek wat ons kon geniet by Biki Alleen Gasteplaas op LekkeSlaap se webwerf. Ons is ‘n uitgebreide gesin van agt en ons het kinders tussen die ouderdomme van 15 en 25. Dis nie enige plek wat vir ons lot kan cater nie, maar Biki Alleen was fantasties. Ons gasvrou Tokkie het selfs die jongste twee kids in die dorp ontmoet en uitgeneem na die plaas toe terwyl hulle gewag het vir die res van ons. Baie dankie Tokkie! Biki Alleen is ‘n pragtige, ten volle toegeruste plaashuis met ruim slaapplek (4 Dubbel slaapkamers) en twee badkamers. Die groot sitkamer het oorgenoeg kuierplek vir ‘n groot besige gesin en die stoep kuier baie lekker hele dag lank. Ons het gaan stap en na die wild gekyk en sommer net lekker om die vuur gesit en kuier. Die groot skaduryke tuin is vol voëls en die apies het lekker om die huis gejol. Almal stem saam dat ons verseker weer gaan kuier en die bekostigbaarheid van die geriewe is werklik n groot bargain. Die yskas is lekker groot met genoeg vriesplek. Die pooltafel is ‘n baie oulike idee en die kids het tot 3 uur in die oggend 30 seconds bordspeletjie gespeel. Dit is soms nodig om weg te breek van die samelewing en Biki Alleen laat ‘n mens regtig toe om net met mekaar te kuier, almal saam. Dankie Tokkie vir die gratis hout! Die Oog warmwaterbron is baie naby, asook die krokodilplaas. Daar is oorgenoeg goeie grondpaaie vir bergfietsry en lekker stap. Ons en ons gesin sal verseker weer die plaas besoek. Ons het reeds al ons vriende vertel. Baie dankie!

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Beste Des,

Ek is baie bly dat ons die voorreg kon gehad het om die stilte en rustigheid van Biki Alleen met julle te kon deel. Ons sien daarna uit om julle weer te ontvang.

Groete,
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Jan C - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jan C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ek het nie gedink daar is 'n plek met soveel vrede in ons land nie!

Die wegbreek na Biki Alleen was vir my en my vrou kos vir die siel. Dit het behoorlik gevoel of die gasvrou, Tokkie ons die hele tyd op die hande wou dra. Hierdie plasie is 'n klein juweeltjie in die bosveld. Die voëllewe en naggeluide om die vuurtjie was fantasties. Deur die dag het ons met 'n staproete tot op die berg gestap en het gesien hoe mooi die Waterberge regtig is. Die stilte en uiterste privaatheid was vir ons iets wat jy min beleef en 'n moet vir elke stedeling wat net wil afskakel of dalk soek na bietjie romanse. Goeie beddens en skoon linne is vir ons 'n moet en Biki Alleen oortref hulself. Ons beveel Biki Alleen sterk aan vir 'n wegbreek, want dis die plek waar stukkende mense weer heel kan word. Vra my en my vrou.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Beste Piet,

Ek is so bly julle het dit geniet. Dit is 'n vreugde om vir gaste soos julle reg te staan. Maak asb weer so.

Groete,
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Melanie S - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Melanie S
Saam met vriende

Dit was 'n stukkie hemel weg van die huis.

Die fasiliteite is besonder geskik vir 'n heerlike kuier buite of binne die huis, afhangende van die weer. Dis gerieflik, mooi en voel sommer soos huis. Die eienaars het uit hul pad gegaan om seker te maak dat ons gemaklik is en alles in orde is. Ons kan beslis hierdie stukkie hemel aanbeveel vir gejaagde siele wat sommer net wil ontspan.

Biki Alleen Gasteplaas se terugvoer

Beste Melanie,

Ek is bly julle het die wegbreek geniet en dat julle ook van die rustigheid en vrede kon proe. Hoop ons sien julle weer.

Groete,
Tokkie

Biki Alleen Gasteplaas
Vanaf
R2 600
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R2 600
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R2 600
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Welgevonden-plaas, Mookgophong, 0560, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdmZmY2OGZmLWJmZjktNGM5MC1hYzk1LWJkM2ZhMmVmYjgxMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600  per nag, vir 8 mense 56 5 1 5 Farm Welgevonden Mookgophong 0560 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.463283517044 28.554904460907
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem