Bikini Views
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Suikerbossie-rylaan 38, Gordonsbaai, Kaapstad, 7151, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Bikini Views is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel op die boonste verdieping van 'n dubbelverdieping-villa in Suikerbossierylaan in Gordonsbaai. Die woonstel is teen die berghange geleë en spog met 'n skilderagtige uitsig oor die hawe, seiljagklub en Bikini-strand.
Die woonstel met lugversorging bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n en suite-slaapkamer met 'n gemaklike koningingrootte-bed en oorgenoeg klerekasspasie wat dit ideaal vir langer verblyf maak. Die bed spog met 'n panoramiese uitsig oor die see en op Tafelberg in die verte. Die badkamer het 'n bad en 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplankombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien. Langs die kombuis is daar 'n knus sitarea met gemaklike rusbanke, 'n slim-TV en gratis WiFi. 'n Skuifdeur lei na 'n groot, privaat stoep met 'n etenstafel, sonstoele, braaigeriewe en 'n groot sonsambreel.
Veilige motorhuisparkeerplek word voorsien. Die woonstel is lekker naby 'n rits restaurante, winkels, hawe-restaurante en aktiwiteite geleë.
Slaapplek
’n Bespreking by Bikini Views sluit in:
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Juanita Geverifieer
Eiendomme 37
Resensies 84
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Suikerbossie-rylaan 38, Gordonsbaai, Kaapstad, 7151, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Mountainside Gordonsbaai Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Suikerbossie-rylaan 38, Gordonsbaai, Kaapstad, 7151, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom