Blaauwbosch Trout Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blaauwbosch Trout Inn is net buite Waterval Boven op die randjie van die Hoëveld se platorand geleë. Die Elandsvallei se wonderskone heuwels en grasveld kom tot volle uiting wanneer mens op Blaauwbosch se heuwels staan. Wild is volop en sluit bosbokke, ribbokke, duikers, blouape en verskeie voëlspesies in.

Daar is 4 verblyfopsies beskikbaar wat geskik is vir 'n groep vriende, 'n familie, 'n paartjie of enkelreisigers. Al die eenhede is losstaande en bied gaste privaatheid.

Eagle Cabin bied slaapplek aan 11 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n tussenvloer-solderarea. Robin House is 'n ou plaashuis met slaapplek vir 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die Drongo-chalet het slaapplek vir 2 en is ideaal vir 'n paartjie. Die Woodpecker Hideaway het slaapplek vir 10.

Elke eenheid het 'n goed-toegeruste selfsorgkombuis en braaigeriewe is buite beskikbaar.

Ander geriewe op die perseel sluit 'n verhitte swembad en 'n speletjieskamer in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blaauwbosch Trout Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false