LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Blackbrook Farm | LekkeSlaap
+16

Blackbrook Farm

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blackbrook Plaas, Boesmansnek-pad, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R660 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Blackbrook Farm bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n plaas van 74 hektaar, net 8 km vanaf Underberg op die Boesmansnekpad. Gaste klop by ons aan vir 'n rustige wegbreek in die platteland wat na genoeg aan al die besienswaardighede in die Suidelike Drakensberg is.

Ons het 2 gerieflike, kothuise met klipmure en grasdakke op 'n privaat gedeelte van die plaas. Elkeen van hierdie selfsorgkothuise bestaan uit 'n toegeruste kombuis, oopplan-sitarea en -eetarea, 'n stoep, braaigeriewe (bring jou eie vuurmaakhout). Elke kothuis het 'n omheinde tuin.

Daar is muurverwarmers, ekstra komberse en warmwatersakke vir koue wintersaande. Daar is ook 'n draagbare gasverwarmer, let wel dat die gas ekstra kos gaste kan hul eie 9 kg gasbottel saambring). Daar is nie kaggels in die kothuise nie.

Die kombuise het elkeen 'n vierplaatgasstoof met 'n oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, yskas, eetgerei, breekware en potte en panne. Linne, groot handdoeke, skoonmaakmiddels en toiletpapier word voorsien.

Albei kothuise het platskerm-TV en DStv Premium.

Die plaasdam bars uit sy nate van al die forel. Gaste is welkom om te vang en vry te laat. Ander doendinge: kajakvaarte, stap, bergfietsry, uitstappies na die dorpies vir inkopies of etes.

Die laaste 4 km is 'n grondpad en daar is 'n kort plaaspaadjie tot by die kothuise. Die pad is 'n uitdaging vir kleiner/laer voertuie en dit word nie aangeraai nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 24 resensies vir Blackbrook Farm
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Blackbrook Plaas, Boesmansnek-pad, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Blackbrook Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R660
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R660
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blackbrook Plaas, Boesmansnek-pad, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU5OTNkMDM0LTJkOWMtNGFjMi1iMjk3LTI5YmIyNjg5NDlkYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R660  per nag (vir 2 persone) 24 5 1 5 Blackbrook Farm Bushmans Nek Road 3257 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.791111111111 29.433888888889
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!