Blues Bay 3

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blues Bay 3 is ’n selfsorgdupleks in die Marina Martinique-kompleks tussen Jeffreysbaai en Astonbaai in die Oos-Kaap. Dis die ideale plek vir ’n gesin of ’n vakansie, slegs 100 m van die strand af en dis naby die bekende Marine Waterpark.

Die dupleks bied slaapplek aan 6 gaste bied en dit beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed en en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde kamer het elk ’n dubbelbed en deel 'n badkamer met ’n bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met ’n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en ’n TV. Die leefarea lei na ’n ommuurde stoep met 'n tafel, stoele en ’n ketelbraai. Die stoep lei na ’n houtdek wat 500 m van die strand af is en die perseel het 'n privaat hek wat na die strand toe lei.

Daar is gewilde restaurante naby die eenheid genaamd The Walskipper, Tapas en Marina Martinique Wharf. Die landgoed het 24 uur-sekuriteit en het toegangsbeheer met elektriese omheining.

Slaapplek

'n Bespreking by Blues Bay 3 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blues Bay 3 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false