Bly 'n Biekie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bly 'n Biekie bied gerieflike verblyf in die dorpie Zeerust. Ons is heerlik geleë in 'n stil straat waar jy in privaatheid kan ontspan. Dié verblyf is ideaal vir diegene op pad na of van Namibië of Botswana.

Die gastehuis het 3 slaapkamers met gemaklike beddegoed, mikrogolfoonde en TV's. Elke kamer het sy eie onderdakparkeerplek. Gaste kan 'n heerlike ontbyt teen ekstra koste geniet.

Zeerust is 'n klein dorpie langs die N4, net 54 km van Botswana se Lobatse-grenspos af. Dié plaasdorpie bied 'n rustige wegbreek en 'n klompie museums, gedenktekens en ruïnes om te verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bly 'n Biekie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za