Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bo-Kapie

  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Janssensstraat 1, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bo-Kapie is 'n romantiese klein wegbreekplekkie op die N2 tussen Kaapstad en George op die skilderagtige Tuinroete in die dorpie Swellendam. Die huis is die vergestalting van ouwêreldse bekoring en dis naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede. Die verblyf beskik oor 2 eenhede met privaat ingange en badkamers.

Daar is 2 slaapkamers met slaapplek vir 5 gaste in die kothuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n Victoriaanse bad. Die tweede kamer het 3 enkelbeddens. Daar is 2 slaapbanke in die leefarea wat slaapplek bied vir nog 2 gaste. Die gaste deel 'n badkamer met die gaste in die tweede kamer. Bo-Kapie bied dus slaapplek vir 7 gaste en is ten volle toegerus vir selfsorg, insluitend beddegoed en handdoeke. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n oop vuurherd in die leefarea met oorgenoeg vuurmaakhout.

Bo-Kapie Anneks het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook tee- en koffiemaakgeriewe en gratis WiFi.

Bo-Kapie is sentraal geleë naby museums, gholfbane, staproetes en die Marloth- en Bontebok Natuurreservate. Met so baie om te sien en te doen in en om Swellendam, sal gaste lekker lank in Bo-Kapie kan vertoef.

Bo-Kapie is in 1833 gebou en dis een van die oudste huise in Swellendam. Dis een van die laaste oorblywende huise wat dateer uit die era van slawerny in Swellendam wat in 1834 afgeskaf is. Hierdie klein Kaaps-Georgiese platdak-kothuis met sy pragtige muurtjies is die tipiese verblyf van Moslem-ambagsmanne van daardie tydperk. Dit lyk soos 'n huisie wat tipies in die Bo-Kaap sal voorkom. Die voordeur met vertikale panele en bolig het die staldeur van die Kaap-Hollandse styl vervang.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 30 resensies vir Bo-Kapie
Netheid
4.4/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.2/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.2/5

Lizette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 67

Jaar gelys 10

Ligging

  • Janssensstraat 1, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bo-Kapie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Janssensstraat 1, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf5eed3493ce815e307c7e580359872de1643c5eb2d1dd021e314a5d901a099a647800fb5873f7e88375b5d9dc4e3c219cdae?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 1 Janssens Street Swellendam 6740 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.019051 20.44262
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem