Bon Accord Farm Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bon Accord Farm is 'n statige Victoriaanse opstal wat al van 1909 af staan. Die pragtige vrugteplaas is net 5 km vanaf Montagu en is die perfekte plek vir 'n rustige wegbreek. Bon Accord is die perfekte wegspringpunt vanwaar jy dit wat die streek bied, kan beleef.

Die 3 kothuise is teen die berg geleë en het slaapplek vir 10 gaste. Die eerste en tweede kothuis het elk 2 slaapkamers en en suite-badkamers. Die derde kothuis het 1 slaapkamer en 'n en suite-badkamer. Elke eenheid het DStv, 'n oop kaggel, lugversorging in die leefarea en 'n onderdak-braai op die stoep.

Gaste kan by verskeie restaurante inloer en droë vrugte en neute geniet. Daar is ook plaaslike wyne om te probeer, veral die gesogte Muskadel. Verskeie doendinge in die omgewing sal jou besig hou: bergfietsry, rotsklim, voetslaan en 'n motorrit om die skilderagtige omgewing te gaan aanskou.

Jy kan vanaf die privaat stoepe die beeldskone uitsig oor die wingerde en boorde in die rigting van die Langeberge, al langs die Badenvallei na Montagu geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bon Accord Farm Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za