Bona Bona Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bona Bona Game Lodge is op die N12 tussen Klerksdorp en Wolmaransstad geleë. Die lodge is in 'n unieke area met luuksheid en gemak in Noordwes. Verblyf is beskikbaar in die hoofkamp, die Ruskamp Selfsorghuis, die Stalle, 3 Ruskamp Selfsorg-Chalets, 6 Boskamp Chalets en die luukse selfsorg-Safarihuis.

Die hoofkamp beskik oor 22 kamers met en suite-badkamers. Elke kamer bied pragtige uitsigte van die bosveld om die lodge. Die Ruskamp Selfsorghuis het slaapplek vir 15 gaste en het 'n lapa-braai en 'n kombuis. Die Safarihuis het slaapplek vir 10 gaste en daar is 'n swembad met 'n uitsig oor die bosveld.

Daar is ook 3 Ruskamp Selfsorg-chalets and 6 Boskamp-chalets. Die Ruskamp Chalets het elk slaapplek vir 3 gaste, 'n kombuisie en 'n braai-area. Die Ruskamp Chalets is en suite. Die Boskamp-chalets het 'n gemeenskaplike kombuis, sitarea en 'n lapa-area met braaigeriewe. Die Boskamp gebruik gemeenskaplike ablusiegeriewe.

Die Stalle is sowat 100 m van die hooflodge af. Elke kamer het 'n patio.

Bona Bona spog met 'n Afrika masseersalon en ons spesialiseer in hand-, voet-, kop/nek-, asook vollyfmasserings. Ons kan ook 'n pakket bymekaar sit, so doen gerus navraag. Die restaurant bied heerlike etes. Sit agteroor met 'n skemerkelkie in die sitkamer en geniet heerlike items van ons Afrika-spyskaart. Die restaurant, die kroeg en die sitkamer kyk oor die watergat uit waar kameelperde, sebras, koedoes en swartwitpense gereeld kom drink. Ons het 'n luukse wynkelder waar jy privaat funksies kan hou vir tot 12 gaste.

Bona Bona is ook 'n wonderlike trou-venue! Ons kan tot 200 gaste akkommodeer, en daar is 'n kapel wat gebou is met romanse in gedagte. Ons het ook 'n troubeplanner wat jou sal uithelp om die gemoedsrus te bied dat jou groot dag vol vreugde, liefde en goeie herinneringe sal wees, en professioneel hanteer sal word.

Konferensiegeriewe is ook beskikbaar: Die Elandsaal kan tot 30 persone hanteer en die Renostersaal tot 200 persone.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bona Bona Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R920 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za