Bondi Beach Unit F
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bondi Beach, Warriors-laan, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 880 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Bondi Beach Unit F is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiewoonstel in 'n veilige, gesinsvriendelike kompleks in Shelly Beach aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Hierdie verblyf bied direkte strandtoegang en pragtige see-uitsigte en is ideaal vir paartjies, enkelreisigers, sakereisigers en gesinne.
Dié woonstel op die eerste verdieping bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 smaakvol gemeubileerde slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, eetarea en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Verder is daar 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die kombuis lei na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV waar gaste met hul eie intekenbesonderhede by die beskikbare stroomdienste kan inteken. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die sitarea lei na die balkon met 'n Weber-braai en spog met see-uitsigte. Toegang tot veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit is op die perseel beskikbaar.
Daar is verskeie gemeenskaplike geriewe soos 'n speelarea vir kinders, tennisbane, 'n klubhuis met 'n pooltafel en tafeltennis, 'n sprankelende swembad en braaigeriewe.
Slaapplek
’n Bespreking by Bondi Beach Unit F sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Gina Geverifieer
Eiendomme 44
Resensies 241
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Bondi Beach, Warriors-laan, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Shelly Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bondi Beach, Warriors-laan, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom