Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bono Luxury Guesthouse

Gastehuis

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

1/5

Khathu Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Jaar gelys 1

Opsomming van Resensie

1 uit 5van 1 resensie vir Bono Luxury Guesthouse
Netheid
1.0/5
Diens
1.0/5
Ligging
1.0/5
Veiligheid
1.0/5
Waarde vir geld
1.0/5
Lee-ann S - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Lee-ann S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vuil en huis/kamers word nie ge-onderhou nie.

Ons sal glad nie die gastehuis aanbeveel nie. Toe ons Maandagmiddag 3 Julie daar aankom was die ontvangsdame skoon deurmekaar en sê hulle is volbespreek. Ek moes vir haar my email wys dat ons wel al 'n 50% deposito gemaak het. Toe bel sy 'n ander gastehuis om te hoor of hulle plek het, hulle was ook volbespreek. Toe sit sy ons in die kamer by ontvangs. Die kamer se gordyne was vuil, daar was net een bedlamp en nie soos op een van die foto's wat ek gekry het nie. Ek moes ook vra vir 'n gloeilamp vir die een lamp. Die ketel moes ons op die grond sit as ons dit wou kook vir koffie. Daar is 'n opening in die plafon (ek dink jy kan dit 'n tipe van 'n manhole noem), maar dis nie eers mooi toegemaak nie en jare laas geverf. Die toiletbak met ons terugkoms was die aand vreeslik vuil, my man moes dit was. Die waterdruk in die stort was so te sê geen, ons kon skaars hare was. Die kamer is verwaarloos. My man het toevallig Dinsdagmiddag gesien 'n ander kamer gaan oop en hulle het ons toe Woensdagoggend daar laat intrek. Op die oog af het dit baie beter gelyk, maar toe ons in is was dit net weer verstommend hoe verwaarloos die kamer is, die blinds was vuil, die mikrogolf was vuil, die muur waarteen die bed staan is bruin van vuilgeid. Die strooikussings op die bed het van rook gestink. Die afstandbeheerders is vuil en taai. Ek moes gaan vra vir toiletpapier, koffie, suiker en koffiebekers (die kombuis is in net so vreeslike toestand) skottelgoed staan rond, daar is gate onder die kaste. Daar was ook glad nie genoeg onderdakparkering nie. Ons is baie teleurgesteld omdat die foto's wat ons kon deurkyk nie die vuil en geen onderhoud op goed wys nie, die foto's is baie misleidend, ek kan nie glo ons het R3700 betaal vir 4 aande in so vuil plek nie. Ek wil die gastehuis eintlik nul sterre gee, maar die terugvoering gaan nie deur dan nie. So die 1 ster is eintlik 0 ster. Bitter teleurgesteld.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R966
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R966
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R966
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 23 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maraisstraat 38, Rustenburg, 0299, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA580efc34dcea42034947b9030b179ae761a608842863762bcfe58573d23a9752aab9c9e7cc9d9ada354ccc765ec97bb0fc3b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R966 per nag (plek vir 2) 1 5 1 1 38 Marais Street Rustenburg 0299 Noordwes 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.673399452799 27.233394892127
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem