Brackenhills Private Nature Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Brackenhills Private Nature Reserve is in die majestueuse Langeberge tussen Swellendam en Heidelberg, sowat 3 uur buite Kaapstad, geleë. Die ongerepte natuurlike woude en inheemse plantegroei grens aan Grootvadersbosch Natuurreservaat, 'n Wêrelderfenisgebied.

Akkommodasie word gebied in 4 stylvolle dubbeltente in die rustige natuurskoon. Dit is ontwerp om jou verblyf so gemaklik en ontspanne as moontlik te maak. Geniet die spyseniering met heerlik voorbereide, tradisionele Afrika-disse, of maak gebruik van die opelug, gedeelde selfsorggeriewe met 'n volledig toegeruste kombuis en braai-area.

Brackenhills Privaat Natuurreservaat is die perfekte wegbreekplek vir 'n romantiese naweek, bergfietsry of velddraf, 'n gesinsvakansie of 'n rustige tyd in die natuur. Gaste kan hier voëls hoor sing, die uitsig oor die berge geniet, wandel deur die inheemse woude, die berge, swem in die poele in die diepkloof en op 'n begeleide stap na die kloof om na die wild te kyk. Gaste kan ook kleiduifskiet, piekniek hou in die kloof en heerlike kos en wyn voor die oop vuur geniet.

Daar is baie wild, insluited die Kaapse-luiperd, Afrika-buffel, rooikatte, bosbokke, wildevarke, grysbokke, klipspringers, ystervarke en meer as 200 voëlspesies, soos die Verraux-arend, kroonarend en breëkoparend. Daar is ook baie vlinderspesies soos die Forest King en die Blue Banded Swallowtail. Die woude spog ook met baie wildesampioensoorte.

Brackenhill se missie is die bewaring van wild en inheemse woude. Dis tans besig om die natuurlike wild, soos die Kaapse-luiperd, Kaapse-buffel, bontebokke en bergsebras, wat vroeërjare volop voorgekom het te beskerm. Brackenhills Luiperd Program is 'n opwindende projek waar luiperde in die inheemse woude gemonitor word om hulle oorlewing in die area te bevorder.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Brackenhills Private Nature Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]