Brackens Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Brackens Guest House is in die hartjie van Hillcrest in Durban, KwaZulu-Natal geleë. Durban is bekend vir sy goue strande, winkelsentrums, snuistery-markies, straatbasaars en branderryplekke. Dis die perfekte wegbreekplek vir vakansiegangers wat op soek is na ontspanning en vermaak.

Dié gastehuis het 7 slaapkamers wat elkeen 'n gemaklike bed, 'n badkamer, lugversorging, 'n TV met DStv, en koffie- en teemaakgeriewe het.

Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, wasgoeddienste en veilige parkeerplek in. Die perseel is ook rolstoelvriendelik en troeteldiere word toegelaat, mits dit vooraf gereël word.

Die Brackens-gastehuis is stapafstand van die Ou Hoofweg wat al deur duisende Comrades-hardlopers en Amashova Shova-fietsyeres gebruik is. Dié pad vorm ook die ruggraat van die 1000 Hills-ervaring met sy Zoeloe-kultuur en kunsvlyt. Die gastehuis is naby die Shongweni-natuurreservaat en die Inanda-dam waar die Bass Fishing Classic plaasvind. Dis ook die ideale oornagplek vir die Duzi Canoe Marathon.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Brackens Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R920 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za