Breede Bush Camp
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sandkraal Plaas, Buffeljagsriver, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 300 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Breede Bush Camp bied eksklusiewe tenteverblyf met 'n gemeenskaplike leefarea op die oewer van die Breederivier, 34 km vanaf Swellendam.
Die 4 koepeltente is op houtstelte met 'n uitkykdek langs die rivier geleë en bied slaapplek aan 8 gaste. Elke tent is geskik vir 2 gaste en het 2 enkelbeddens met 'n bedkassie. Linne, komberse en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n badkamer, kombuis en sitarea in 'n aparte gebou. Gaste deel die badkamer wat 'n stort, toilet en wasbak het. DIe kombuis is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 10 en 'n sitarea met rusbanke voor die kaggel.
Die ruim grasperk het 'n vuurput en braai-area waar gaste kan kuier. Verder het gaste ook toegang tot die rivier waar hulle kan swem, kanoevaar en ander wateraktiwiteite geniet. Daar is ook verskeie grondpaaie wat ideaal is vir bergfietsry.
Die perseel maak gebruik van sonkrag.
Slaapplek
’n Bespreking by Breede Bush Camp sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Stoof
Ligging
- Sandkraal Plaas, Buffeljagsriver, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sandkraal Plaas, Buffeljagsriver, Swellendam, 6742, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom