Breede River Glamping and Camping

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Breede River Glamping and Camping is op ’n prentjiemooi plaas net 10 km van Malgas af. Dié plaas is ideaal vir gaste wat van die stad se tegnologiese steurnisse wil wegkom en bied betowerende uitsigte oor die Breede-rivier.

Verblyf bestaan uit 4 tente wat elk slaapplek bied aan 4 gaste. Daar is 4 enkelbeddens in elke tent asook ’n yskas-vrieskas, gasstoof, ’n ketel, basiese messegoed en ’n USB-koppelpunt vir selfone. Elke tent lei na ’n dek wat weer na ’n vuurput lei waar gaste kan braai.

Daar is skoon, gemeenskaplike ablusieblokke met warm water voorsien deur ’n gasgeiser. Daar is ook ’n swembad, kroeg en restaurant op die plaas.

Gaste mag hul eie motorfietse saambring om die motorfietsroetes te verken teen ekstra koste. Gaste kan ook visvang, bergfietsry en perdry.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Breede River Glamping And Camping gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za