- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 69, Kidd's Beach, 5264, Oos-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R1 036 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Breeze Inn Guesthouse is 'n idilliese bestemming vir 'n gesinsvakansie naby die strand. Dit is ook ideaal vir stadsjapies wat smag na 'n wegbreek. Nuttig ontbyt terwyl jy oor die see tuur en oorweeg of jy 'n entjie op die strand moet gaan stap na die getypoel pampoenskulpies moet soek, of moet visvang van die rotse af of in die diepsee, in die heerlike weer. Hou ook 'n ogie oop vir die dolfyne wat in die branders baljaar.
Die kamers is gemeubileer en versier om te resoneer met die sonnige, rustige strand-atmosfeer hier aan die Sonskynkus. Elke kamer het 'n aparte, privaat ingang, 'n en suite-badkamer, 'n TV, en gratis WiFi.
Daar is 'n gastekombuis met oorgenoeg koffie en kombuisgerei vir gaste wat ligte happies en etes wil voorberei. Gratis WiFi en faksgeriewe is ook beskikbaar. Die dek is aan die see se kant, is heeltemal beskut en kry baie son.
Oos-Londen se museum is net 30 kilometer van hier af - maak gerus 'n draai en kyk uit vir die wêreldbekende selekantreplika en die enigste regte dodo-eier in die wêreld. Daar is ook 'n winkelsentrum, filmteater en restaurante. Makhanda (Grahamstad), Hogsback en die asemrowende Amatholeberge is ook maklik bereikbaar van hier af. Wildritte en staptogte saam met olifante is veral gewild by die omliggende instansies.
Daar is 'n restaurant oorkant die pad en ons het kroeg-geriewe maar gaste moet hul eie drankies saambring.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Portier
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hoofstraat 69, Kidd's Beach, 5264, Oos-Kaap
- Gaste dink Breeze Inn Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kidd's Beach Sonskynkus Oos-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat 69, Kidd's Beach, 5264, Oos-Kaap
- Geen kinders onder 18