Bretton Beach Crest Holiday Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bretton Beach Crest Holiday Cottages bied selfsorgverblyf aan die buitewyke van Port Alfred. Dis ideaal vir paartjies, gesinne of groepe vriende wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en ander besienswaardighede.

Verblyf by Bretton Beach Crest Holiday Cottages word in 9 eenhede aangebied wat almal uniek en smaakvol ingerig is. Elke kothuis het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens in die hoofslaapkamer, 'n dubbelstapelbed vir die jongspan in die tweede kamer en 2 enkelbeddens in die leefarea. Dis ideaal vir 'n maksimum van 4 volwassenes en 2 kinders. Elke eenheid beskik oor 1 badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Verder is daar ook 'n goed toegeruste kombuis in elke eenheid met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en 'n gasstoof met 'n oond. Gaste moet asb. hul eie handdoeke en toiletware saambring.

Elke kothuis het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n braaiplek. Gaste is welkom om hul eie DStv- dekodeerder en -slimkaart saam te bring indien hul volle DStv wil hê. Die eiendom word beveilig met sekuriteit en kameras. Daar is oorgenoeg parkeerplek op die perseel vir voertuie. Die eenhede is omtrent 150 m van die strand af waar gaste die rotspoele kan verken, swem of kan hengel. Daar is 'n rotspoel wat perfek is vir kinders.

Bretton Beach Crest Holiday Cottages is net 3 km van Port Alfred se middedorp af waar jy algemene inkopies kan doen, by restaurante kan eet, sport kan beoefen, bote of kano's kan huur, kan voetslaan, perdry of gholf kan speel by die Royal Port Alfred Gholfbaan.

Die eienaars bly op die perseel en is dus altyd beskikbaar om gaste by te staan as hulle iets nodig het.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bretton Beach Crest Holiday Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false