BriSan On The Canals

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

BriSan On The Canals bied B&B-verblyf in St Francisbaai in die Oos-Kaap. Dis perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby 'n verskeidenheid doendinge.

Verblyf by BriSan On The Canals word aangebied in 6 suites wat elk elegant ingerig is. Die kamers beskik elk oor of 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad, wasbak en toilet. Elke slaapkamer bied lieflike uitsigte oor die kanaal of die tuine en het 'n privaat patio met braaigeriewe. Elkeen van die kamers beskik ook oor 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n verwarmer, 'n haardroër, tee- en koffiemaakgeriewe, gratis toiletware en ander luukse vir jou gerief.

Gaste kan 'n heerlike ontbyt geniet of in die eetkamer of op die dek met braaigeriewe wat uitkyk oor die kanaal. BriSan On The Canals het ook sy eie kruie- en groentetuin waaruit baie van die vars bestanddele vir die maaltye kom. Daar is privaat toegang tot die kanaal waar gaste in die water kan afkoel en jou gashere sal aan jou die geleentheid bied om 'n egte kanaalvaart-ervaring te beleef.

Veilige parkeerplek is beskikbaar. BriSan On The Canals is na aan 'n verskeidenheid toere, doendinge en besienswaardighede insluitend: seilbootvaarte, swem, strande, restaurante, winkels, 2 gholfbane, natuurroetes en walviskyk gedurende die seisoen, om maar net 'n paar te noem.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na BriSan On The Canals gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false