Buccara Wildlife Reserve
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 17 Mei 2022 tot 30 Sep 2022 gemaak.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 25 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pretoriuskloofweg 1, Buccara Wildlife Reserve Karoo, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 296R1 952 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Buccara Wildlife Reserve bied selfsorgverblyf in 2 eenhede, die Karoo Manor House en die Karoo Main House, net buite Graaff-Reinet in die Karoo. Die reservaat bied 'n rustige atmosfeer en is ingestel op inheemse kulture, wildbewaring en ekologiese bewusmaking.
Die Karoo Manor House het ruim kamers met lieflike uitsigte oor die grasperke en die tuine. Dié huis bied gerieflike verblyf in 5 en suite-gastekamers. Elke kamer het lugversorging, 'n kluis, sitarea, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Elke en suite-badkamer het 'n stort en bad. Die Karoo Manor House het gemeenskaplike sitareas waarvan een 'n TV met sekere DStv-kanale het en die ander een 'n kaggel. Daar is ook 'n gemeenskaplike eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Daar is 'n lieflike swembad wat perfek is vir die warm somersdae.
Die Karoo Main House is meer modern as die Manor House. Die huis het ruim leefareas wat 'n rustige atmosfeer skep en 'n snoekertafel wat uit 1911 dateer. Daar is 'n swembad, 'n aangrensende spa en braaigeriewe. Die huis beskik oor 4 gastekamers wat uniek versier is. Elke kamer het lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n sitarea, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en WiFi. Twee van die gastekamers het en suite-badkamers met baddens en storte. Die ander 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Daar is ook 'n gemeenskaplike kombuis met 'n etenstafel, stoele en gemaklike sitareas. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond toegerus.
Verblyf word ook in 2 Willowslopes-kamers en die Willowslopes Chalet gebied. Hierdie kamers het koningingrootte-beddens en en suite-badkamers met storte. Die chalet en albei die kamers het TV's en het toegang tot ’n gedeelde kombuis, vuurput en braai-area.
Die Buccara Wildlife Reserve is 20 km van Graaff-Reinet af waar daar winkels en restaurante is en 14,9 km van die Kamdeboo Nasionale Park af.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Pretoriuskloofweg 1, Buccara Wildlife Reserve Karoo, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Gaste dink Buccara Wildlife Reserve het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Graaff-Reinet Cacadu-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 25 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pretoriuskloofweg 1, Buccara Wildlife Reserve Karoo, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom