Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Buffalo House @ Bankenkloof Private Game Reserve

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

3.9/5

Annemarie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 2

Jaar gelys 3

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 2 resensies vir Buffalo House @ Bankenkloof Private Game Reserve
Netheid
5.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.0/5
Shaun T - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Shaun T

Ons was soos kinders behandel deur die eienaar en hulle het ons verskriklik onwelkom laat voel.

Ons naweek was veronderstel om 'n oorslaap te wees saam met familie wat kom kuier het van die Kaap af en 'n gesellige braai die Saterdag saam met familie in die omliggende area. Ons het ons planne dudelik deurgegee die eerste dag na die bespreking bevestig is en ons het geen e-pos terug ontvang van enige besware nie. Die Vrydag was daar weer WhatsApps heen-en-weer gestuur waar dit duidelik gemaak was dat dit eintlik 'n probleem was. Ons het voorgestel om dit eerder te kanselleer, die eienaar het bevestig ons bly by die reëlings. Met aankoms was ons laat weet dat iemand 19h00 sal kom "incheck" - dit was duidelik 'n "head count". Ons het met aankoms baie onwelkom gevoel en eerder besluit om alles te kanselleer en mekaar eerder vir brunch te ontmoet in die stad. Die Saterdagaand het ons 'n klein braai gehou aangesien die mense daar moet slaap, rondom 18h00 het iemand wel kom draai om 'n vinnige "head count"te vat. Ons het ook besluit om huiswaarts te gaan voor 21h00 en ongelukkig moes ons familie van die Kaap die laaste aand alleen oorbly. Ons was behandel soos tieners wat uit is om iemand se plek te verwoes! Ons sal die plek vir geen iemand aanbeveel nie alleenlik oor hoe ons behandel was. Die plek self het so baie potensiaal vir familievakansies, maar dis duidelik dat die eienaars eerder net vir 'n klomp jagters wil voorsiening maak.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffalo House @ Bankenkloof Private Game Reserve se terugvoer

Liewe Shaun,
Ons verstaan ​​wel jou teleurstelling om nie jou familiereünie by ons gastehuis te kan aanbied nie.

Ons fasiliteite is ongelukkig beperk tot ons gaste wat bly.

Ons is ook spyt dat ons nie die geleentheid gehad het om jou tydens jou verblyf te ontmoet nie.

Ons waardeer die privaatheid van ons gaste en voer die Buffels en wild elke middag met sononder om ons gaste die geleentheid te gee om die Bosveld te ervaar.

Vriendelike groete,

Buffalo House @ Bankenkloof Private Game Reserve
Colette H - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Colette H

Gauteng lockdown wegbreek.

Heerlik, gemaklik, vriendelik en mooi. Dankie. Dit was lekker.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Vanaf
R30 360
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R30 360
per nag, vir 10 mense
Vanaf
R30 360
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R25, Klipkop Plaas, Pretoria, 0050, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd4e5dc3c889c7c3c4b81225f973c75203e978601b2cc14119924fedd317ead60df5bfd53f394cd6eaa5e343ed3584b6007f9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R30 360 per nag, vir 10 mense 2 5 1 4 Off the R25 Klipkop Farm 0050 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.916334777307 28.494281090461
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem