Buffelsdrift Rust de Winter

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Buffelsdrift Rust de Winter is slegs 'n uur vanaf Pretoria en geleë in 'n pragtige vallei teen die Elandsrivier. Met meer as 60 tipes bosveldbome, ryk voëllewe met meer as 400 spesies, asook 'n wye verskeidenheid wild insluitend kameelperde, sebras, wildebeeste en elande is dit werklik die ideale plek om weg te breek van die gedruis van die stadslewe.

Verblyf word aangebied in 3 afgesonderde kothuis wat geleë is tussen rivierbome in die immergroen vallei. Elke kothuis het 'n en suite-badkamer, kombuis en beskutte braai-area. Sonkrag sorg vir ligte en gas sorg vir warm water sodat ons gaste met hul kookkuns kan spog.

Geriewe by Buffelsdrift sluit 'n trampolien vir die kinders, oorgenoeg parkeerplek onder bome en 'n swembad by die Squirrel-eenheid in. Doendinge by Buffelsdrift sluit in 'n voetslaan- of bergfietsroete, wildkyk vanuit die gemak van jou eie motor met 'n hoë grondvryhoogte, voetslaan tussen die wild en voëlkyk. Gaste is welkom om hul eie troeteldiere saam te bring, mits hulle goedgemanierd is.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Buffelsdrift Rust De Winter gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]