Buiten Verwagten Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wanneer jy by Buiten Verwagten Guesthouse opdaag is dit moeilik om jou hierdie koel, groen oase voor te stel na 'n lang reis deur die warm, droë maar pragtige Karoo. 'n Hartlike ontvangs deur die van Jaarsvelds en hul personeel, die stil, taktvolle diens en stylvol gemeubileerde vertrekke, sal verseker dat jou verblyf alle verwagtinge oortref.

Anders as baie tradisionele huise in Graaff-Reinet, is Buiten Verwagten verder van die straat geleë wat bydra tot die huis se indrukwekkende prag en praal. Die dorpie se tweede oudste wingerd is ook in hierdie huis se tuin geleë. Ervaar die rustigheid van die tuin en ontspan langs die sonverhitte swembad.

Ons nooi jou om hierdie erfenishuis te geniet met sy Victoriaanse tuin wat in die hartjie van die historiese Graaff-Reinet gevind kan word. Verblyf word in die luukse 4-ster-gastehuis gebied en ook in 3 tuin-suites waarvan 2 selfsorg is vir diegene wat op soek is na meer privaatheid en onafhanklikheid. Daar is 'n platskerm-TV met DStv in elke kamer. Lugversorging en plafonwaaiers is gerieflik in die somer en daar is elektriese komberse en verwarmers vir die winter. Vir ekstra gemoedsrus voorsien ons parkeerplek van die straat af. Daar is gratis WiFi-toegang in al die kamers.

Buiten Verwagten is bekend vir uitstekende taktvolle diens wat 'n volledige ontbyt insluit. Daar is ook 'n lapa by die swembad-area waar gaste lekker kan ontspan en die pragtige tuin geniet wat hierdie statige huis omring, terwyl heerlike etes in die braai-area voorberei word. Gaste kan ook in die swembad afkoel na 'n lang Karoo-dag.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Buiten Verwagten Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false