- Kapasiteit: 17 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marketstraat 14, Hanover, 7005, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag (plek vir 1)
Beskrywing
Bun Clody Manor is in Hanover, halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad op die N1 geleë, wat dit die ideale oornagplek vir reisigers maak. Die atmosfeer word deur die stofstrate, historiese geboue en ou vore wat steeds fonteinwater deur die dorp lei, beklemtoon.
Verblyf word in 'n verskeidenheid gastekamers gebied, wat 1 tot 5 gaste kan akkommodeer. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, lugversorging, 'n TV met satelliet-kanale, WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe. Elke kamer, behalwe die Enkelkamer met slaapplek vir 1, het 'n yskassie, en die Selfsorggesinskamer met slaapplek vir 5 het ook 'n mikrogolfoond.
Hanover se kerk is seker een van die mooiste geboue in Suid-Afrika en kom ook op verskeie poskaarte voor. Ander pragtige en goed gevestigde geboue, historiese terreine, monumente en restaurante is stapafstand vanaf die verblyf, en die Trappieskop-roete bied 'n uitstekende uitsig oor die dorpie. Hanover word in die somer deur ongeveer 12 000 kleinrooivalke uit Rusland besoek.
Sterrekyk onder die Karoo-hemel is 'n besonderse ervaring - die melkweg is nêrens anders so duidelik te sien nie. Hiér kan 'n mens die sterre tel en nie die voertuie nie.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Marketstraat 14, Hanover, 7005, Noord-Kaap
- Gaste dink Bun Clody Manor het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hanover Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 17 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marketstraat 14, Hanover, 7005, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom