Bush Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Marloth Park Bewaararea is 'n residensiële wild- en natuurreservaat van 3000 ha groot. Dit grens vir 10 km aan die suidelike kant van die Kruger Nasionale Park langs die Krokodilrivier. Bush Cottage maak die meeste van sy idilliese omgewing. Wild soos koedoes, kameelperde, rooibokke, wildebeeste, nagapies en muishonde loop vrylik rond.

Verblyf word gebied in 2 slaapkamers op die grondvloer waarvan een kamer 'n koningingrootte- en 'n enkelbed het. Die tweede kamer het 'n dubbel- en 'n enkelbed. Daar is 2 enkelbeddens in die dakkamer wat lei na 'n uitkykdek. 'n Volle badkamer met 'n bad, stort, dubbelwasbak, toilet en 'n ekstra gastetoilet is beskikbaar. Die kombuis is oopplan en lei na die sitkamer en die buite-area.

Die Bush Cottage is in privaatbesit en kyk direk uit oor die Krokodilrivier en in die Krugerwildtuin in. Drie stelle dubbeldeure lei na 'n groot grasdak stoep met 'n plonspoel, geplaveide braaiarea en 'n vuurput. Daar is ononderbroke uitsigte van die Krokodilrivier, die Krugerwildtuin en die Big 5 Country.

Bush Cottage bied maklike toegang tot Krokodilbrug- en Malelane-hekke na die Wildtuin, sowel as 'n wegspringplek na Mosambiek via Komatipoort en daguitstappies na Swaziland, asook die fantastiese en bekende besienswaardigehede in en om Mpumalanga.

Slaapplek

'n Bespreking by Bush Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bush Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 170 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false