16 gaste
6 slaapkamers
16 beds
5 badkamers
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 16 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - R366, Inthaba Lodge Game Farm, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Intaba Lodge is 'n selfsorg-lodge op 'n wildplaas van 2 000 hektaar in privaatbesit in Groter Addo, ideaal vir 'n groot gesin of groep vriende, korporatiewe indabas, skoolwegbreekplekke en natuurliefhebbers.
Dié sonkrag-aangedrewe eiendom kan 16 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 5 en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer is gerieflik ingerig met enkelbeddens. Drie van die badkamers is toegerus met 'n stort, terwyl die oorblywende badkamers elk met 'n bad toegerus is. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die eiendom beskik oor 'n goed toegeruste kombuis met 'n gasstoof, oond, ketel, eetgerei, yskas en vrieskas. Die sitkamer en eetarea het oorgenoeg gemaklike sitplek vir gaste om te eet en te ontspan en spog ook met 'n binnenshuise kaggel.
Buite kan gaste 'n ingeboude braai, dek en swembad met pragtige vallei-uitsigte geniet. Geniet skilderagtige boswandelings, bergfietsroetes en 4x4-roetes. Die uiteenlopende voël- en plantlewe maak dit 'n wild-entoesias se droom. Nabygeleë besienswaardighede sluit die Addo Olifant Nasionale Park, 'n jagluiperd-teelkamp, rooskwekers, sitruspakhuise en topklas-spa's in.
Hierdie lodge is slegs toeganklik met 'n laestrek-4x4-voertuig. Intaba Lodge is in die berge geleë en jy moet 'n ervare 4x4-entoesias wees om jou voertuig te hanteer.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Nicole Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 5
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- R366, Inthaba Lodge Game Farm, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
- Gaste dink Intaba Lodge het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
R366, Inthaba Lodge Game Farm, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 16 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang