BushGlam Luukse Vakansiehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

By BushGlam Luukse Vakansiehuis kan jy jouself verlustig in 'n moderne, luukse omgewing. Dié vakansiehuis het slaapplek vir 6 gaste.

BushGlam beskik oor 3 moderne slaapkamers, 2 moderne badkamers, ruim sitkamers, 'n eet-area en 'n volledig toegeruste kombuis. Die Zen-tuin is 'n rustige ontspanningsarea wat bos se kant toe front. Hiér kan jy die groot privaat swembad geniet of in die aparte borrelbad met sitplek vir 6 ontspan. Sonbaai op die lêstoele op die houtdek of sit onder die beskutte stoep. Daar is ook 'n ingeboude braai-area buite wat die tuin die perfekte plek maak om te ontspan, af te skakel en die omgewing in te drink.

Die grondvloer spog met 'n pragtige oopplan-leefarea en 'n fynproewerskombuis in skakerings van groen wat toegerus is met moderne toebehore. Langsaan is die oopplan-eetarea met 'n unieke houttafel. Daar is skuifdeure wat na die skaduryke stoep lei. Die 2 slaapkamers deel 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte bed en kyk uit oor die Zen-tuin. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Die slaapkamers het elkeen ingeboude kaste, gehalte-matrasse en -linne.

Op die boonste verdieping is daar 'n tweede sitkamer. Dié sitkamer het hoë grasdak-plafon, 'n rooi muur wat 'n fokuspunt vorm, unieke kunswerke en gemaklike sitplek. Daar is ook uitsigte oor die bosse en jy sal ook die Drakensberge in die verte sien. Die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badakemr met dubbel-reënstort en 'n vrystaande bad. Dié kamer bied toegang tot die balkon.

Die rustigheid van die Hoedspruit-area bied gulde geleentheid vir wildkyk. Verken die wêreldbekende Krugerwildtuin en die Panorama-roete. Jy kan ook op 'n lekker Groot 5-wildrit gaan.

Slaapplek

'n Bespreking by BushGlam Luukse Vakansiehuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na BushGlam Luukse Vakansiehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Hierdie blyblek is nie op die oomblik beskikbaar nie. Probeer asseblief weer.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za