Kameeldrift-Oos Akkommodasie by Bushman's Rock Country Lodge | LekkeSlaap
+33

Bushman's Rock Country Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wewerweg 570, Kameeldrift-Oos, Pretoria, 0035, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bushman's Rock Country Lodge bied gerieflike akkommodasie net 16 km van Pretoria af. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na 'n vakansie- of sake-wegbreek naby die stad en ander geriewe.

Daar is 48 kamers by Bushman's Rock Country Lodge wat in verskillende kategorieë val. Die kamers het 1 of 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed met 'n en suite-stort en/of bad, wasbak en toilet. Geriewe in meeste van die kamers sluit 'n yskassie, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe in.

Ontbyt en ander heerlike à la carte- en buffet-etes is teen 'n addisionele koste in die restaurant beskikbaar. Indien jy spesiale dieëtvereistes het, kan dit op versoek gereël word. Die lodge het 'n kroeg, 'n hindernisbaan, spa en swembad waarvan gaste gebruik mag maak. Ons het uitstekende konferensielokale vir sakereisigers en spanbou, troues en ander spesiale byeenkomste wat gereël kan word.

Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel. Bushman's Rock Country Lodge is naby heelwat aktiwiteite geleë en gaste kan gerus op dagtoere na die Cullinan Diamantmyn en ander besienswaardighede gaan.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 19 resensies vir Bushman's Rock Country Lodge
Netheid
3.8/5
Diens
3.7/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • Wewerweg 570, Kameeldrift-Oos, Pretoria, 0035, Gauteng
  • Gaste dink Bushman's Rock Country Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wewerweg 570, Kameeldrift-Oos, Pretoria, 0035, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe9c10f5e554231ee7d6de3fc3ea696219904975976c02c5d92acb2ab8fd31df4136cef11a2ee3a9497af8fe2b9ff638b6e47?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 2) 19 5 1 4 570 Wewer Street Kameeldrift East 0035 Gauteng 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -25.655799612311 28.30914199345
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za