Buyskop Lodge, Conference and Spa
- Kapasiteit: 196 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R101, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Buyskop Lodge, Conference and Spa bied die geleentheid om te ontspan en tyd in die natuur te spandeer en is Bela-Bela. Dit is in die Waterberg-bosveld.
Verblyf word in 16 gerieflike, unieke chalets met grasdakke, sowel as in 10 karavaan- kampeerplekke gebied. Elke tweeslaapkamer-chalet bied verblyf aan 6 gaste en het ’n ten volle toegeruste kombuis, ruim sitarea, privaat stoep en privaat braaigeriewe. Die chalets het privaat rolstoelvriendelike badkamers met ’n stort, toilet en wasbak. Die badkamers het handvatsels in die stort en rondom die toilet en genoeg deurspasie en spasie rondom die chalets, sowel as aanloopbane na die chalets. Daar is ’n ontbytbord teen ’n ekstra fooi beskikbaar en moet tydens die bespreking bestel word om by die chalet afgelewer te word.
Die ruim karavaan- of tentstaanplekke bied wonderlike uitsigte. Elke staanplek het plek vir 2 tot 10 gaste en het braaigeriewe, lopende boorgatwater en ’n kragpunt. Die staanplekke is goed geposisioneer en redelik naby aan die ablusiegeriewe. Die skoon en rolstoelvriendelike-ablusies met grasdakke het storte, toilette en wasbakke. Hierdie badkamers het handreëlings in die storte en rondom die toilette. Daar is ook gesinsbadkamers met ’n bad, stort, toilet, wasbak en babakamer. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die chalets is rondom die dam, waar diere kom drink. Gaste kan kameelperde, rooibokke, koedoes, bosbokke en sebras sien.
Daar is 2 swembaddens, ’n speelgrond vir kinders, ruim gronde en ’n ontspannende spa, Baobab Spa and Beauty. Die Jacuzzi is slegs beskikbaar aan gaste wat spa-behandelings bespreek het.
Bela-Bela (Warmbad) is 110 km vanaf Pretoria en is die perfekte wegbreek om te ontsnap vanaf die stadslewe.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- R101, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Buyskop Lodge, Conference and Spa het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 196 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R101, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom