C-Rus

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 5 Okt 2019 tot 28 Nov 2019.

Beskrywing

C-Rus is 'n selfsorgwoonstel naby die sakedistrik en net oorkant die bekende strand wat 2 km strek in die Strand.

Daar is slaapplek vir 4 mense met 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 1 driekwartbed in die tweede slaapkamer. Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea. Die badkamer het 'n bad, stort en 'n toilet. Alle beddegoed en handdoeke word verskaf, maar gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke bring.

Die woonstel is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, oond met 'n vierplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, tuimeldroër, wasmasjien, strykyster en strykplank.

Daar is 'n slaapbank, 2 stoele, 'n tafel met 4 stoele en 'n TV met DStv (Family-pakket) in die sitkamer. Die balkon kyk uit op die berge en het 'n gedeeltelike see-uitsig. Daar is ook 'n ketelbraai (Weber) op die balkon - let op dat slegs brikette (charcoal) gebruik mag word, geen oop vure word toegelaat nie.

Restaurante en kroeë is stapafstand van die woonstel af en die groot winkelsentrum en gholfbane is net 10 minute se ry ver. Die Wes-Kaapse wynplase en ander besienswaardighede is ook naby genoeg om 'n halfdag-uitstappie daarvan te maak.

Die woonstel het toegangbeheer en daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig in die gebou.

Slaapplek

'n Bespreking by C-Rus sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na C-Rus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R875 R700 per nag (plek vir 4)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 5 Okt 2019 tot 28 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za