Cabin 16 at Phantom River View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cabin 16 at Phantom River View is in Knysna geleë. Hierdie lieflike selfsorg-wegbreek, op die rand van die woud, sal jou laat glo dat vrede op aarde wel bestaan. Die mees ongelooflike uitsigte wag op jou as jy kies om in Cabin No. 16 te bly. Groen woude, 'n nimmereindigende hemelruim en algehele rustigheid, so ver as wat die oog kan sien.

Die verblyf bied uitsigte uit alle hoeke, en 8 gaste sal genoegsame ruimte vind in hierdie vierslaapkamer-houthut met 3 badkamers. Drie van die slaapkamers het dubbelbeddens en die laaste een het 2 enkelbeddens. Die 2 hoofslaapkamers het elk sy eie en suite-badkamer en privaat ingange na die dek waar asemrowende uitsigte oor die vallei jou hart en siel sal steel.

Die sit-en eetarea is ideaal vir kuier om 'n gesellige vuur, lang, tydsame etes om die eetkamertafel met sitplek vir 6, of lui middagslapies. Verder is daar ook satelliet-TV en 'n DVD- en CD-speler. Die ten volle toegeruste oopplan-kombuis is 'n gasvrou se droom, en jy sal in staat wees om vir meer as een fees daar te kook.

As jy egter eerder meer van die pragtige buitelug-omgewing wil inneem, stap uit op die dek waar jou eie, baie private, sprankelende swembad wag. Daar is 'n buitelug-eetarea en braaigeriewe waar gaste kan uitkyk oor die manjifieke natuurskoon. Moenie nog 'n oomblik huiwer nie, bespreek vandag jou verblyf in die paradys.

Slaapplek

'n Bespreking by Cabin 16 at Phantom River View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cabin 16 At Phantom River View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 650 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za