+21

Cape Collection - Hibernian Towers 1303

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Beach Road, Hibernian Towers, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Hibernian Towers 1303 is in Strand, Kaapstad en bied gehalteverblyf aan sakereisigers of vakansiegangers. Dis naby verskeie winkels, restaurante, stranddoendinge en besienswaardighede.

Die ruim woonstel op die 13de verdieping het lugversorging en 'n pragtige uitsig. Dit beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde kamer het elkeen 2 enkelbeddens en die vierde kamer het 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV. Gaste het toegang tot gratis WiFi.

Die leefarea bied toegang tot 'n balkon met 'n see-uitsig en gasbraaigeriewe.

Daar is veilige kelderparkeerplek op die perseel.

Hiberian Towers bied meer as net verblyf. Daar is 'n binnenshuise, verhitte swembad, 'n binnenshuise gimnasium, restaurante, spa, skoonheidsalon en 'n geriefswinkel. Die woonstel is oorkant die strand.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Lugversorging
Volledige kombuis

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Anne-marie M
Gesin met klein kinders
5.0
Gerieflik. Ruim. Baie gerieflik. Als is in die woonstel wat nodig is. Mooiste uitsig. Dis bulafull!
Okt 2025
Carl L
Saam met vriende
5.0
Kon nie genoeg van die uitsig kry nie. Baie netjies, goed geleë met die beste uitsig.
Jul 2025
Denise D
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing. Absolutely amazing, one of my best holidays.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Etienne Luwayne S
5.0
Fantasties. Ek wil net dankie sê aan Inge vir alles! Ek kon haar enige tyd bel of WhatsApp en sy sou onmiddellik antwoord.
Des 2024
Dolf D
Gesin met tieners
5.0
N baie spesiale plek waar ons my vrou se verjaarsdag saam ons kinders kon geniet. Ongelooflike pragtige, goed toegeruste woonstel. Beslis die beste pl...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Inge Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 97

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Beach Road, Hibernian Towers, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cape Collection - Hibernian Towers 1303 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 200
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 3 200
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Beach Road, Hibernian Towers, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5b2465560428c4fcb8507be1ace9fc3ab687bc0cef71dbd31930f7ae2ce28b9d85f16427f91d7f25e02e6d4f5c18aa8e3165?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8) 25 5 1 5 Beach Road Hibernian Towers 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.1139508 18.8230286
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang