6 gaste
3 slaapkamers
4 beds
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 157 6th Street, Voelklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Cape Coral is 'n moderne selfsorgwoonstel in Voëlklip, Hermanus. Dié gewilde vakansiedorp aan die Wes-Kaap se Suidkus is veral bekend vir die Walvisse wat jaarliks hier aandoen. Dit is 'n pragtige omgewing met 'n gematigde klimaat, verskeie doendinge, 'n diverse floraryk, en omdat dit so naby aan Kaapstad is, is dit 'n ideale basis vir mense wat die Overberg wil verken.
Die woonstel is binne stapafstand vanaf die Fernkloof Natuurreservaat, met sy groot verskeidenheid fynbosplante waar daar dwarsdeur die jaar tenminste een spesie blom. Dit is ook naby Grotto Beach, Hermanus se enigste Blouvlagstrand, met sy lewensredders gedurende die seisoen en wonderlike wandelings by die gety, geleë.
157 Sixth Street is 'n drieslaapkamerwoonstel met 2 volledige badkamers en daar is slaapplek vir 6 gaste. Elke slaapkamer is smaakvol en individueel versier. Dit lei na 'n houtdek en 'n sonverhitte swembad. Elke kamer het ook 'n plafonwaaier en digte gordyne vir vakansiegangers wat soggens 'n bietjie laat wil lê.
Die woonstel het 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Eersgenoemde is goed toegerus en het 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n Nespresso-koffiemasjien. Die eetarea het sitplek vir 6 mense en daar is 'n L-vormige rusbank, 2 stoele en 'n TV met DStv in die sitarea. Gratis onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Let asb. daarop dat troeteldiere nie toegelaat word nie en rook in die woonstel is streng verbode. Gaste mag ook nie op die onderdak-patio rook as die skuifdeure oop is nie.
Neem asb. kennis dat die eienaar op die eiendom woon.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Charles Newton
Roderick ...
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 157 6th Street, Voelklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Cape Coral het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
157 6th Street, Voelklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang