Cape Riviera Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Riviera Guesthouse is aan die voorheuwels van Tafelberg in Oranjezicht geleë. Dié gastehuis bied luukse verblyf vir die oordeelkundige reisiger. Die Oranjezicht-area is pragtig en is net 'n kort entjie se ry vanaf die Kaap se bekende aantreklikhede geleë: Kaapstad Internasionale Lughawe (15 min), die kabelkarretjie (5 min), strande (10 min), V&A Waterfront (10 min), Mount Nelson Hotel (2 min), Groot Constansia wingerde (15 min), KIKS (10 min), die middestad (5 min).

Elk van die kamers is smaakvol versier en toegerus met lugversorging, 'n kroegie, komplimentêre koffie- en teemaakgeriewe, haardroërs, 'n persoonlike kluis, internetverbinding en satelliet TV. Vriendelike en persoonlike diens verseker gemaklike en onvergeetlike verblyf.

Vir jou ontspanning kan jy in die tuin onder die palmbome rus of swem in die 9-meter lange swembad.

Cape Riviera bied ook dag-konferensiegeriewe vir 'n maksimum van 15 mense, insluitend alle standaard toerusting. Pakkette kan middagetes insluit.

Ander aantreklikhede soos Kaappunt, Chapmans Peak Drive, Hermanus (vir seisoenale walviskyk), die wynlande, en Kirstenbosch Tuine kan binne 'n halfuur se ry bereik word op jou vakansie in Kaapstad.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensie geriewe

  •  Internet

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Riviera Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za