Caracal Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Luukse selfsorg-akkommodasie in Mpumalanga, geleë in die wonderskone Houtboshoekvallei, net 48 km van Nelspruit en 100 km van die Krugerwildtuin af. Caracal Lodge word omring deur luisterryke berge wat 'n tuiste bied vir rooribbokke, vaalribbokke, oribi's en bosbokke. 300 Hektaar ongerepte, omheinde natuurskoon met 'n verskeidenheid wildspesies: rooibokke, Livingstone eland, sebras, waterbokke, njalas, koedoes, blouwildebeeste en kameelperde.

Die lodge het verskillende luukse akkommodasie-opsies, elkeen toegerus met sy eie spesiale geriewe wat toegespits is op natuurliefhebbers en wild. Fig Tree Lodge en Magtree Lodge is boskothuise vir paartjies met gaslamplig, volledige selfsorg-geriewe. Kudu- en Nyala Kothuis is tweeslaapkamerkothuise met elektrisiteit en al die nodige selfsorg-geriewe.

Die skugter rooiduiker kom wei dikwels op ons twee luukse grasperke. Gaan stap 'n entjie of rits met jou 4x4 op die plaas rond en verlustig jouself in die asemrowende uitsigte op die vallei en die wild. 'n Kabbelende stroompie met helder bergwater voed 'n wonderskone waterval. Geniet 'n heerlike piekniek of teug aan skemerkelkies in die woudskaduwee by hierdie mooi natuurtoneel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Caracal Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]