Carrington Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Carrington Lodge is 'n gastehuis in 'n rustige voorstad in Kimberley in die Noord-Kaap. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en hartlike gasvryheid. Dit is ook na aan 'n verskeidenheid doendinge en besienswaardighede.

Verblyf by Carrington Lodge word aangebied in 16 slaapkamers wat verdeel is in kamers met 2 enkelbeddens, gesinskamers en dubbelkamers. Die kamers is ruim en bekoorlik versier en ingerig met of 'n dubbelbed, of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort of bad of albei en 'n wasbak en toilet. Geriewe in elke kamer sluit in: 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging met 'n plafonwaaier, 'n telefoon en yskassie asook 'n elektriese kombers of verwarmer vir ons koue winternagte. Ons voorsien ook tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste kan 'n volledige Engelse of Kontinentale ontbyt geniet in die eetarea of jy kan versoek dat ons vir jou 'n wegneem-ontbytpakkie maak indien jy vroeg moet vertrek. Die gastehuis kan ook heerlike aandetes op versoek voorberei op weeksaande. Reisigers kan ook voordeel put uit die kroeg in die gemeenskaplike leefarea op die perseel. Daar is 'n TV en 'n kaggel en dit is die ideale plekkie om te kuier voor aandete. Vir sakereisigers het die gastehuis ook uitstekende konferensiegeriewe en kan dit tot 20 afgevaardigdes akkommodeer.

Op somersdae kan gaste afkoel in die swembad en lapa-area waar daar braaigeriewe is. Dit word omring deur goed versorgde tuine. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie met elektriese heinings en toegangsbeheer. Net 'n kort entjie van ons af sal gaste verskeie museums kan vind om te verken asook die bekende Groot Gat, botaniese tuin en rotskunsroetes. Daar is ook 'n casino en ander besienswaardighede in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Carrington Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za