Mtunzini Akkommodasie by Casa Benri | LekkeSlaap
+27
+27

Casa Benri

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Cycad A 1, Mtunzini, 3867, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Casa Benri is in Mtunzini, 'n dorpie aan die Noordkus van KwaZulu-Natal, geleë. Dié selfsorg-eenhede is ideaal vir klein gesinne of paartjies op soek na 'n rustige en afgeleë wegbreek.

Dié selfsorg-eenhede is op die grondverdieping en beskik oor 2 slaapkamers per eenheid. Een kamer bevat 'n koningingrootte-bed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Die eenhede het oopplan-kombuise wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en toebehore. Die leefareas lei na beskutte stoepe. Beddegoed, linne en handdoeke is op versoek beskikbaar teen ekstra koste.

Die eenhede is omhein en het 'n privaat stoeparea en braaigeriewe. Onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Casa Benri is uniek en privaat in 'n pragtige, natuurlike ligging aan die buitewyke van die dorp, met maklike toegang tot woud-staproetes, fietsry, strande, die Raphia Palm Monument, en 'n unieke, uitdagende gholfbaan. Casa Benri is ryk in voël- en dierelewe.

Mtunzini is bekend vir die Umlalazi Natuurreservaat met sy pragtige strandmeer, asemrowende duine en eindelose strande, en word beskou as 'n vissersparadys. Mtunzini is 'n geproklameerde natuurbewarea en is naby die Hluhluwe–Imfolozi-wildtuin, Cape Vidal, St. Lucia, die historiese Eshowe, asook Richardsbaai, Durban, Ballito, en Gateway (wat ideaal is vir inkopies). King Shaka Internasionale Lughawe is ongeveer 100 km vanaf Mtunzini.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir Casa Benri
Netheid
5.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Cycad A 1, Mtunzini, 3867, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Casa Benri het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Cycad A 1, Mtunzini, 3867, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA30244e6080083783045e6677ebc99e6f148c521e190758077a5bf7f5b51ddcf122e2d4c7fe1b34e062a0a14e617a3083acc7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 1 A Cycad Mtunzini 3867 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -28.966455 31.750155
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za