Panorama-roete Akkommodasie by Casterbridge Hollow Boutique Hotel | LekkeSlaap
+19

Casterbridge Hollow Boutique Hotel

Hotel
  • Kapasiteit: 68 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Casterbridge Leefstylsentrum, R40, Witrivier, 1242, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 824 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Witrivier se kontemporêre koloniale hotel is tussen die soet mango-bome van die oorspronklike Casterbridge-plaas geleë. Casterbridge Hollow, Mpumalanga se eerste "groen hotel", is 'n konsep met 'n betowerende ontstaansgeskiedenis - dit is met eenvoudige, basiese materiale aanmekaar gesit. Die kleurskakerings herinner besoekers aan romantiese dorpies op die golwende heuwels van Provence en Toskana. Die ryk teksture van die mandjies en ontwerpersmateriale wat bokkies en proteas uitbeeld, beklemtoon die kontemporêre styl en Suid-Afrikaanse herkoms van die hotel. Bykomstighede soos draadwerkmandjies, handgemaakte teëls en sierligte is deur plaaslike vakmanne gemaak.

Die hotel het 26 ruim standaardkamers met uitsigte oor die swembad en tuine vanaf die stoepe en balkonne. Al die kamers het lugversorging, verhitting en plafonwaaiers en is ingerig met moderne geriewe soos telefone, platskerm-TV's, handgemaakte meubels, luukse linne en Charlotte Rhys-geriewe. Balkonne en verandas bied 'n uitsig oor die swembad en welige tuine.

Elkeen van die 4 luukse familie suites het 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens, en bied slaapplek vir 4 gaste (2 volwassenes en 2 kinders). As jy op soek is na 'n bietjie privaatheid is daar skakelkamers wat jou van die kinders kan skei.

Casterbridge Hollow se konferensiesentrum beskik oor al die moderne geriewe om die sukses van vergaderings, produkbekendstellings en maatskappykonferensies te verseker.

Gaste kan kies en keur wanneer hulle aansit by Magnolia Café se eersteklas ontbyt. Magnolia Restaurant se boonste verdieping is die perfekte plek om mengeldrankies te geniet, en die middag- en aandspyskaart getuig van 'n unieke uiteet-ervaring!

Casterbridge Hollow Boutique Hotel is net 15 minute se ry van die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe af en is ideaal vir sakereisigers en 'n gerieflike blyplek vir toeriste wat die Krugerwildtuin en Panorama-roete gaan besoek.

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 2 resensies vir Casterbridge Hollow Boutique Hotel
Netheid
5.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Casterbridge Leefstylsentrum, R40, Witrivier, 1242, Mpumalanga
  • Gaste dink Casterbridge Hollow Boutique Hotel het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Panorama-roete Mpumalanga
Vanaf R2 824
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 824
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 68 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Casterbridge Leefstylsentrum, R40, Witrivier, 1242, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM1NmE4YmQ5LTU3NzEtNDllZS05NmEwLWEyZjc5ZDg2ODAwYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 824  per nag (vir 2 persone) 2 5 1 5 Casterbridge Lifestyle Centre R40 1242 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.307252348875 31.030701398849
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za