Cederberg Kliphuis - Cedar Rouge
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cederberg Kliphuis Reservaat, Cederberg Wildernisarea, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Cederberg Kliphuis - Cedar Rouge is een van 3 selfsorg-chalets van klip wat in die verre noordelike deel van die Cederberg Reservaat op die Pakhuyspas, sowat 20 km buite Clanwilliam geleë is. Dit is op die blommeroete na die Biedouwvallei en Wupperthal en vertoon teen die agtergrond van Rocklands, die bekende rotsklim- en 'bouldering'-area wat gewild is onder klimmers.
Die Cederberg is in 1973 tot wildernisarea verklaar. Dié 66 811 hektaar-bergterrein vorm deel van die Kaapse Blommeryk en is net 3 ure se ry van Kaapstad af. Die berge in dié area vertoon oranje weens die ysteroksied wat dit bevat en is kenmerkend van die gebied. Ruwe sandteenformasies soos die Maltese Cross en die Wolfberg-boog, asook antieke San- en Khoi-rotskuns, maak hierdie area 'n merkwaardige bestemming.
Die Cederberg is 250 km noord van Kaapstad en strek van die Middelbergpas in Citrusdal tot noord van die Pakhuispas in Clanwilliam. Dié wildernisarea strek oor sowat 71 000 hektaar se ruwe, bergterrein wat dit gewild maak onder rotsklim- en voetslaan-entoesiaste. Die Cederberg is ook 'n Wêrelderfenisterrein en is oortrek met fynbos, insluitend die laurel protea, die rooi disa, rooibos en die skaars, inheemse sneeuprotea. Die bedreigde Clanwilliam sederbome wat aan dié streek sy naam gee, kan hier en daar op die hoër pieke gesien word. Die area is ook ryk aan wild en besoekers kan ystervarke, ratels, Kaapse groototters en erdvarke sien. Gelukkige besoekers mag een van die skaam luiperds in die area sien. Daar is ook kleiner roofdiere soos rooikatte, bakoorjakkalse, aardwolwe en Kaapse jakkalse in die omgewing en ander, meer algemene diere wat besoekers mag gewaar sluit bobbejane, dassies, vaalribbokke, klipspringers, duikers en grysbokke in.
Die Cedar Rouge-chalet het slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n stapelbed. Daar is 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak in die badkamer en warm water word deur 'n gas-geiser voorsien. Die chalet word met sonkrag belig.
Die kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n gasstoof, gasyskas, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies vir 6 gaste. Die sitarea het 'n dubbelslaapbank. Die kothuis bied toegang tot 'n balkondek en daar is 'n privaat tuin met 'n piekniekbankie en ingeboude braai. 'n Braairooster word voorsien.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Loren Pavitt / Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 43
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Cederberg Kliphuis Reservaat, Cederberg Wildernisarea, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
- Gaste dink Cederberg Kliphuis - Cedar Rouge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cederberg Kliphuis Reservaat, Cederberg Wildernisarea, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap