Chaka Sands 17
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Chaka Sands, Kusrylaan 19, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 652 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Chaka Sands 17 is 'n selfsorgwoonstel wat in 'n veilige en gewilde kompleks in Ballito geleë is. Dit spog met 'n see-uitsig, bied direkte toegang tot die strand en is stapafstand van gewilde kafees.
Dié duplekswoonstel bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 koningingrootte-beddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is plafonwaaiers in al die kamers. Die gastebadkamer op die boonste verdieping het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n gastetoilet op die onderste verdieping.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, lugbraaier, elektriese stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet en die leefarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met 'n stroomboks. Gaste moet hul eie intekenbesonderhede vir Netflix en DStv Now gebruik. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die glasstapeldeure lei na 'n klein privaat stoep met 'n braai-area, vanwaar gaste die see-uitsig kan geniet. Veilige parkeerplek is in die kompleks in 'n enkelmotorhuis beskikbaar. Daar is geen swembad in die kompleks nie.
Slaapplek
’n Bespreking by Chaka Sands 17 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Ballito Accommodation Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 100+
Resensies 63
Maande gelys 9
Ligging
- Chaka Sands, Kusrylaan 19, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Shaka's Rock Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Chaka Sands, Kusrylaan 19, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom