Seepunt Akkommodasie by Chamonix 16 by CTHA | LekkeSlaap
+26

Chamonix 16 by CTHA

1 resensie
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 35% af

Kry 35% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Friarsweg, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 751 R1 788 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Chamonix 16 by CTHA is 'n luukse selfsorgwoonstel wat in Seepunt, 'n gegoede Kaapse buurt, se hoërliggende deel geleë is. Die woonstel bied lieflike see-uitsigte en pienk sonsondergange. Dit bestaan uit 3 vlakke en bied slaapplek aan 6 gaste.

Dié woonstel is versier met 'n blou en goud kleurskema, het moderne meubels, unieke ligpasstukke, en beskik oor 'n groot privaat dek wat die ideale plek is om piekniek te hou en die sonsondergang te bewonder. Gaste kan see-uitsigte vanaf al die vlakke geniet, want die leefarea en tweede slaapkamer het balkonne, terwyl die hoofslaapkamer na die groot dek lei.

Die eerste vlak het 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea met lugversorging, asook 'n gaste-toilet. Die moderne koningsblou en goud kombuis is volledig toegerus vir 6 gaste en het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste.

'n Wenteltrap lei na die middelste vlak wat beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer wat gedeel word en oor 'n dubbelwasbak, instapstort en toilet beskik. As jy verder by die trap afgaan, vind jy die hoofslaapkamer wat deur 'n kombuisie, met 'n skottelgoedwasser, bereik word en na die dek lei. Die kombuisie en hoofslaapkamer word geskei deur 'n kabinet wat privaatheid bied. Dié slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n volledige blou badkamer met 'n dubbelwasbak, instapstort, bad en toilet.

Seepunt se laer deel is modern en gewild met verskeie restaurante, kroeë, boetieks en geriefwinkels. Die MyCiti-bus is minder as 500 m van die woonstel af wat maklike toegang tot die res van die stad bied.

Slaapplek

’n Bespreking by Chamonix 16 by CTHA sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.2 uit 5van 1 resensie vir Chamonix 16 by CTHA
Netheid
2.0/5
Diens
1.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • Friarsweg, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Gaste dink Chamonix 16 by CTHA het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 751
Vanaf R1 788
per nag (plek vir 6)
was R2 751
Vanaf R1 788
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Friarsweg, Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAWprVRjDZvTqNFbQQlTcrxClgIDr1RpRjiJzjvVuEqxrUiaVPLF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 751, nou Vanaf R1 788  per nag (plek vir 6) 1 5 1 4 Friars Road Sea Point 8005 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.919142598567 18.394062370062
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za