LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Chrismar House | LekkeSlaap
+31

Chrismar House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Chrismar House, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R580 per nag(plek vir 7)

Beskrywing

Chrismar House is 'n selfsorgvakansiehuis in Shelly Beach, 'n klein kusdorpie halfpad tussen Margate en Port Shepstone aan KwaZulu-Natal se Hibiskuskus. Shelly Beach is na duisende seeskulpe wat na hooggety op die strand uitspoel vernoem en dit bied 'n verskeidenheid goue strande, vriendelike inwoners, eindelose watersportgeleenthede en puik duikgeleenthede. Die eenheid is baie gerieflik geleë, slegs 15 m van die strand af.

Die huis bied slaapplek aan 7 gaste en dit beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n gastetoilet.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv. Bring asb. jou eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam.

Parkeerplek is in 'n toesluit-dubbelmotorhuis beskikbaar. Daar is ekstra parkeerplek vir 2 voertuie, 'n waentjie en 'n boot. Die huis word deur 'n sekuriteitshek, 'n heining om die huis en 'n alarmstelsel beveilig.

Slaapplek

’n Bespreking by Chrismar House sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 8 resensies vir Chrismar House
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Chrismar House, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Chrismar House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R580
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R580
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Chrismar House, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAtS1JUjKDFRTyCiW5p5wCp6OFfUJ9BhNKeGiQuZtssnPK2Bnjh2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R580  per nag(plek vir 7) 8 5 1 5 Chrismar House Shelly Beach 4265 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 09:00 -30.813639 30.409758
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!