Clearwater Living
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Diassingel 13, Ceres, 6835, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 050 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Clearwater Living is 'n gerieflike selfsorgwoonstel vir 6 gaste in Ceres, en ideaal vir sakereisigers, vriende, gesinne of paartjies.
Die woonstel is op dieselfde perseel as die hoofhuis geleë en bied 'n privaat ingang, 2 slaapkamers, 'n badkamer, kombuis en 'n sitarea. Die slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 2 storte en 'n toilet. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitarea geskik vir 2 kinders. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus en sluit 'n tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolfoond, yskas, eetgerei en breekware in, sowel as koffie- en teemaakgeriewe. Maaltye kan by die etenstafel met sitplek vir 4 geniet word.
Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.
Parkeerplek is op die perseel agter 'n elektroniese hek beskikbaar. Indien dit vooraf gereël word, sal gaste ook toegang tot die swembad en braaigeriewe hê. Dit word met die hoofhuis gedeel.
Ceres bied 'n verskeidenheid restaurante, wynkelders en landgoedere, en doendinge in die omgewing sluit stap- en 4x4-roetes, zipline, perdry en visvang in die Dwarsrivier in. Gaste kan ook die Transport Riders Museum of die Ceres-vrugteroete tussen Desember en April besoek.
Slaapplek
’n Bespreking by Clearwater Living sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Wilfred Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Jare op LekkeSlaap 3
Ligging
- Diassingel 13, Ceres, 6835, Wes-Kaap
- Gaste dink Clearwater Living het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Diassingel 13, Ceres, 6835, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom