Clivia Hill Guest Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clivia Hill is geleë langs die Bell Park Dam in die sentrale Drakensberge se Sjampanjevallei in KwaZulu-Natal, en bied selfsorg- of B&B-verblyf in 'n rustige en skilderagtige omgewing.

Die grasdakkothuis, met gerieflike slaapplek vir tot 6 volwassenes, het 'n leefarea met 'n oopplan-kombuis en 3 dubbelkamers, elkeen met sy eie en suite-bad of -stort. Die twee boonste slaapkamers lei na 'n balkon met pragtige uitsigte. Al die kamers is toegerus met muurverwarmers, dakwaaiers en muskietafweerder. Die leefarea het DStv en 'n kaggel, en lei na 'n bedekte privaat stoep met 'n ingeboude braai en 'n Weber.

Kliptrappies neem jou deur 'n inheemse rotstuin na ons groot Clivia-tuin. Die hekkie lei na die dam waar jy 'n 2-sitplek kano kan huur.

Bell Park Dam is gewilde plek vir visvang, seil, motorbootry, waterski en voëlkyk. 'n Bietjie nader, in die sentrale berg-area, kan sportliefhebbers perdry, gholf, tennis en rolbal speel, swem, boomtoptoere doen, stap, fietsry, riviervlotvaar, bergklim, of motorfiets- en vierwielmotorfietsry. Vir vermaak van 'n ander kleur is daar die Drakensbergse Seunskoor wat gereeld konserte hou gedurende die kwartaal en ook die jaarlikse "Music in the Mountains"-naweek aan die einde van April aanbied.

Die volgende besienswaardighede is ook maklik bereikbaar van die lodge af: die internasionaal-erkende Ardmore Pottery, die kleurvolle Thokozisa- en Cedarwood-winkelsentrums, die Midlands Meander met sy handwerkwinkels en restaurante, die Spioenkop Wildreservaat, rotskuns en verskeie Boere-oorlogslagvelde, ondermeer Spioenkop en Ladysmith. Kos- en wynliefhebbers kan hulself verlustig in die hotelle, restaurante, koffiewinkels, supermarkte, drankwinkel en die fantastiese Valley Bakkery in die Sjampanjevallei. Winterton het 'n slagter, drankwinkel, wynwinkel en 'n groot supermark. Daar is ook 'n dokter en 'n apteek op die dorpie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Forelhengel
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clivia Hill Guest Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 980 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false