Clos Malverne Wine Estate Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Clos Malverne is 'n wynlandgoed wat deur 'n gesin besit en bestuur word. Dit is in die mistige Devonvallei geleë. Hierdie werkende wynplaas vervaardig gehalte wyn sedert 1988 en bied verblyf van dieselfde kaliber.

Verblyf word aangebied in 3 luukse gastekamers wat ook dien as die perfekte basis vir diegene wat graag Stellenbosch en die omgewing wil verken. Elke kamer is stylvol versier om die pragtige omgewing te weerspieël en is toegerus met 'n platskerm-TV met DStv-kanale, lugversorging, gratis WiFi en 'n ruim badkamer. Ons spog ook met 'n tweeslaapkamer-selfsorggastehuis met en suite-badkamers wat asemrowende uitsigte en braageriewe bied - dit is perfek vir gesinne of 2 paartjies.

Gaste kan gerus 'n luilekker middag op die balkon, wat die gebou omsoom, deurbring. Hier sal jy nader aan die natuur voel met die wingerd, waarop ons so trots is, reg voor jou.

Clos Malverne is net 6 km van Stellenbosch se middedorp af en net 30 minute se ry van die Kaapstad Internasionale Lughawe af. Gaste kan lekker ontspan tussen die luisterryke wingerde en die pragtige vistas van Devonvallei inneem. Die landgoed spog ook met 'n hoogs aanbevole restaurant en dag-spa, wat konsekwent as van die bestes van Stellenbosch aangewys word deur resensies op TripAdvisor.

Gaste kan kies om een van die verskeie behandelings by die spa te bespreek vir die toppunt van ontspanning en verkwikking. Gaste kan langs die pragtige privaat swembad ontspan terwyl hul wag vir die volgende behandeling of selfs 'n paartjie-behandeling geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Clos Malverne Wine Estate Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 949 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za