Coastlands Musgrave Hotel
Beskrywing
Coastlands Musgrave Hotel is 'n moderne boetiekhotel wat op die rant van Musgrave se gewilde Ridgeweg geleë is en bied 101 slaapkamers, asook 'n lieflike uitsig oor Durban die Indiese Oseaan en Durban-hawe in die verte.
Verblyf word gebied in deluxe en standaard kamers. Elke deluxe kamer het 'n stad-, see- en hawe-uitsig vanaf ie privaat balkon. Elke standaard kamer het 'n uitsig oor die onmiddellike omgewing. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed, TV, skootrekenaar-kluis, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe. WiFi is ook beskikbaar.
Dié hotel bied verskeie ontbyt-opsies in die 315-restaurant wat op die onderste verdieping agter die ontvangsarea geleë is. Daar is ook 'n gerieflike sitkamer. Die restaurant bedien ook middag- en aandete. Mengeldrankies kan in die sitkamer of op die terras geniet word en daar is ook 'n Fleur de Lis-spa en 'n swembad langsaan. Veilige onderdak- en oop parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Die hotel bied klein, medium en groot konferensiegeriewe en onthaal-venues, asook 'n banketspan wat kan help met reëlings vir konferensies, funksies of troues. Die Atrium Winkelsentrum is sowat 10 minute se stap ver met verskeie mode-, elektroniese en skoenwinkels, asook banke en 'n Virgin Active. Durban Internasionale Konvensiesentrum en Moses Mabhida-stadium is ook net sowat 5,5 km vanaf die hotel.
Kenmerke
- Swembad
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Geriewe
- Kroeg
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Portier
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Coastlands Musgrave Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |