Coleford Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Coleford Lodge is sowat 30 km buite Underberg geleë en skuil in die Suidelike Drakensberge, 'n Wêrelderfenisgebied in die Uklahlamba Drakensberg Park. Kom geniet die rustigheid weg van die huis af.

Coleford Lodge is in die Coleford Natuurreservaat. Geniet die voëllewe, wild, voetslaanpaaie tot by die waterval, visvang, tjoepry, piekniek by die rivier, vlugbal en perdry, of bring jou eie bergfiets saam. Coleford Lodge kan ook 4x4-roetes reël teen die bekende Sanipas tot in Lesotho vir diegene wat paspoorte het.

Die lodge bied B&B en selfsorg-eenhede vir enkelreisigers, gesinne of groot groepe. Verblyf is beskikbaar in 7 klip-eenhede in die ou Koloniale styl met ruim stoepe wat uitkyk oor die tuin en die vallei. Die eenhede het slaapplek vir 2 tot 6 gaste en is goed toegerus en ingerig.

Die lodge se eetkamer is in die oorspronklike 120 jaar oue plaashuis. Gaste kan ontspan langs die swembad of die Jacuzzi benut. Die ten volle toegeruste lapa en doendinge soos 'n pool-tafel, veerpyltjiebord, bordspeletjies en 'n kaggel is beskikbaar vir gaste om te benut. Die gemeenskaplike kombuis in die lapa is ten volle toegerus en ideaal vir groter groepe. In die aand kan tyd saam met vriende en gesin rondom 'n vuurput spandeer word. Satelliet-TV is beskikbaar in die gemeenskaplike lapa.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Coleford Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false