Comfy Accommodation on the Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Comfy Accommodation on the Beach is ’n gesellige selfsorgwoonstel op die tweede verdieping in Vishoek, ver van die hoofpad se rumoer en reg op die strand. Dié woonstel is die ideale plek om jou skoene uit te skop en te ontspan.

Die woonstel het slaapplek vir ’n paartjie of ’n gesin en het 2 slaapkamers, 1 badkamer, ’n kombuis en ’n sitarea. Die hoofslaapkamer beskik oor ’n ekstra lang koningingrootte-bed en bied pragtige uitsigte. Daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer en ook ’n moontlikheid van ’n derde bed. Dié kamer het ’n uitsig oor die berg en die badkamer het ’n bad en stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het ’n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en ander klein toebehore. Die gerieflike rusbanke in die leefarea is perfek vir luilekker middagslapies met die geluid van die see en seemeeue in die agtergrond. Daar is groot vensters wat ’n pragtige uitsig oor Vishoek se strand bied asook die asemrowende sonsopkoms- en ondergang. Dié gewilde kusdorp het sagte sand, veilige swemareas en lang wandelpaaie.

Jou gashere sal hulle bes doen om jou tuis te laat voel. Die woonstel is goed ingerig en jy sal alles vind wat jy nodig het ? van skerp snymesse tot katoenlakens.

Slaapplek

'n Bespreking by Comfy Accommodation on the Beach sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Comfy Accommodation On The Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za