Convent Hill Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Convent Hill Lodge bied B&B-verblyf en is in Ladysmith in KwaZulu-Natal geleë. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf ver van die stad se gejaag af.

Die akkommodasie by Convent Hill Lodge bestaan uit 10 slaapkamers wat uniek en smaakvol ingerig is. Elke kamer het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die geriewe in hierdie kamers sluit lugversorging, gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in.

'n Volledige Engelse ontbyt word in die eetkamer bedien en 'n heerlike middagete of aandete kan ook gereël word. Die gastehuis het 'n gemeenskaplike sitkamer waarin gaste kan ontspan en daar is braaigeriewe buite wat gaste kan gebruik. Klein, gehoorsame troeteldiere is welkom en daar is parkeerplek vir jou voertuig beskikbaar by elke eenheid.

Convent Hill Lodge is naby winkels, skole, museums, natuurreservate en verskeie ander geriewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Convent Hill Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R840 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false