LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Coral Close 11 | LekkeSlaap
+25

Coral Close 11

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coral-keeromstraat 11, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 442 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Coral Close 11 is 'n dubbelverdieping-vakansiehuis in die Santareme-area in St. Francisbaai met 'n Mediterreense tema.

Dié huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is op die grondverdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die ander 3 slaapkamers is op die eerste verdieping. Twee van die slaapkamers het 'n dubbelbed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 en suite-badkamers met 'n stort en 'n bad.

Al die slaapkamers het lugversorging, ingeboude kaste en 'n glasskuifdeur wat óf na die balkon óf na die stoep lei. Beddegoed, komberse en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die grondverdieping het 'n ruim oopplan-leefarea en 'n kombuis en lei na 'n onderdakstoep met buitemeubels en 'n ingeboude braai. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n platskerm-TV met DStv en gratis WiFi. Die kombuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n waskamer met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Parkeerplek is in 'n toesluitmotorhuis beskikbaar en daar is plek vir 1 voertuig in die parkeerarea. Die huis is omhein, het 'n hek wat met 'n afstandbeheer werk en word deur 'n sekuriteitsmaatskappy gemonitor.

Doendinge in die omgewing sluit visvang, bootvaarte, riviervaarte, watersport, tennisspeel, perdry op die strand, voëlkyk, voetslaan en gholfspeel in.

Daar is verskeie restaurante in St. Francis en Kaap St. Francis. Daar is soms optredes oor naweke en in die spitsseisoen. St. Francis het ook verskeie salonne, spas en boetieks. Kaap St. Francis is net 8 km ver en spog met besienswaardighede soos die Pikkewyn-rehabilitasiesentrum en vuurtorings.

Slaapplek

’n Bespreking by Coral Close 11 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Coral-keeromstraat 11, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 442
per nag (plek vir 6)
Vanaf R5 442
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coral-keeromstraat 11, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0lL3OfI4cHkXEkkNjXMBoNaZLUDxLmP0lNCv8qAhG468Vn9BRF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 442  per nag (plek vir 6) 11 Coral Close St Francis Bay 6312 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.186907765705 24.854290612303
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!