Country Lane River House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Country Lane River House is 'n selfsorghuis in Velddrif wat met 'n enkele pad van die Bergrivier geskei word. Dit is naby die seiljagklub, die rivierstrand en Bokkomlaan wat bekend is vir sy bekoorlike restaurante, galerye en oulike plaaswinkeltjies. Velddrif het 'n ongekunstelde skoonheid, volop voëllewe, goeie visvanggeleenthede en pragtige blomme in die lente wat dit die perfekte wegbreekplek maak.

Country Lane River House het 6 slaapkamers, waarvan 3 in 'n kothuis vas aan die huis is, en bied slaapplek vir 12 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n volledige en suite-badkamer en daar is 'n tweede gesinsbadkamer. Daar is nog 'n badkamer vir die 3 slaapkamers in die kothuis en 'n kleedkamer vir gaste. 1 van die slaapkamers in die kothuis het ook 'n kombuisie. Daar is lugversorging in 3 van die slaapkamers en die sitkamer.

Dié plattelandse huis het ook 'n kombuis en reuse oopplan-sitkamer en -eetkamer. Die kombuis is goed toegerus en beskik oor 'n mikrogolfoond, stoof, oond en yskas-vrieskas. Daar is 'n eetarea met sitplek vir 12 gaste en die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n kaggel. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die eetkamer lei na 'n onderdakstoep met 'n beskutte braai-area en 2 draagbare braaiers. Die hele perseel is toe en daar is oorgenoeg parkeerplek agter 'n outomatiese hek. Daar is 'n openbare skeepshelling teen die rivieroewer wat teen 'n fooi gebruik kan word.

Slaapplek

'n Bespreking by Country Lane River House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Country Lane River House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za